Tydens blomseisoen word Namakwaland bont geverf. Dié streek is bekend vir sy skouspelagtige veldblomlandskappe wat besoekers van heinde en verre lok. In hierdie blog lys ons ‘n paar plekke waar jy sommer dié kleurvolle verskynsel vanaf jou stoep kan bewonder! Maak sommer hierdie blomkyk-uitstappie ’n paar dae lank en bespreek by een van die lekke plekke!

Kamieskroon Cosy Cottages

Kamieskroon

Kamieskroon Cosy Cottages

Kamieskroon Cosy Cottages bied ’n gerieflike toevlugsoord aan veldblom-entoesiaste én hul troeteldiere! Die kothuise is net 67 kilometer vanaf Springbok en 47 kilometer vanaf Garies geleë en kan onderskeidelik drie, vyf en ses gaste akkommodeer. Elke kothuis spog met ’n uitsig op Sneeukop, Boesmankop en die Kamiesbergreeks, beskik oor gemaklike beddens, privaat badkamers en is ingerig om beurtkrag vry te spring. Verder kan julle lekker om ’n braai gesels of nabygeleë aktiwiteite soos voëlkyk, fietsry en bergfietsry aandurf. Kamieskroon dien as ’n sentrale middelpunt om Namakwaland se blomroetes te verken, en bied ’n ideale basis vir onvergeetlike blomme-avonture te midde van die streek se natuurlike prag.

Bovlei Guest Farm

Clanwilliam

Bovlei Guest Farm

In die rustige Boskloofvallei net tien kilometer buite Clanwilliam, bied Bovlei Guest Farm ’n rustige toevlugsoord. Die plaashuis is deurdrenk van die geskiedenis van dieselfde familie wat al meer as ’n eeu na die grond omsien. Die perseel word deur ’n sitrusboord omring waar gaste hul dae onder die skadu van antieke eikebome of langs die knetterende kaggels kan geniet. Blom-entoesiaste sal hulle verlustig in die nabyheid van die veldblomme, met die gekleurde palet wat die landskap tydens die seisoen verf. Die plaas se uitstekende ligging bied ook maklike toegang tot ’n verskeidenheid buitelug-aktiwiteite, van staproetes wat deur die Toringkop- en Krakadouwberge kronkel tot verfrissende swemsessies in die rivier. Die plaashuis en aangrensende woonstel bied slaapplek aan tot twaalf gaste en het ’n plaasstyl-kombuis waar stories oor heerlike etes gedeel kan word. Daar is ’n groot grasperk vir kinders om te hardloop en twee donkies wat jou by die hek sal verwelkom. Of jy nou die rustigheid van die plaaswerf, die omliggende natuurwonders, of bloot die asemrowende sonsondergangskouspel bewonder, Bovlei Guest Farm beloof ’n onvergeetlike wegbreek in die hartjie van Namakwaland se veldblomparadys.

Brandrivier

30 km vanaf Springbok

Brandrivier

Brandrivier is sowat 30 kilometer vanaf Springbok op die N7 en skep ’n ontvlugting in die hartjie van Namakwaland. Die perseel beskik oor drie unieke permatente wat elk slaapplek vir twee tot vier gaste het. Elke eenheid het sy eie en suite-badkamer, ’n kombuisie met basiese toebehore en ’n stoep met gasbraaigeriewe. Hier kan julle heerlike maaltye tussen die asemrowende natuurskoon en veldblomvertonings geniet. Die verblyf is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk, maar verwarmers tydens winter en geriewe om elektroniese toerusting (selfone en skootrekenaars) te laai, word voorsien. Kyk uit vir diere soos springbokke, ystervarke en bakoorjakkalse, en spits saans jul ore vir die geluide van die Kaapse ooruil of skuuruil. Gedurende die blomseisoen bars die plaas en omgewing behoorlik uit sy nate met lewendige blomme wat ’n skouspelagtige vertoning van Namakwaland se blomdiversiteit lewer. Ander interessante plante op die plaas is die kokerboom en die botterboom. 

Daisy Country Lodge

Springbok

Daisy Country Lodge

Daisy Country Lodge is teen die pragtige agtergrond van die halfwoestyn se koppies en vallei geleë en bied ’n ideale basis om die area se veldblomme, rotsformasies en ander unieke besienswaardighede te verken. Die troeteldiervriendelike lodge is net ’n uur se ry vanaf die Namibiese grens en halfpad tussen Kaapstad en Windhoek geleë. Daar is ’n verskeidenheid kamers wat tussen een en vier gaste kan akkommodeer en die perseel bied oneindige aktiwiteite wat onder meer voetslaanpaaie en perdry deur die platteland insluit. Na ’n dag van avontuur kan gaste by die swembad ontspan of sterrekyk. Of jy nou ’n reisiger, paartjie of sakebestuurder is, Daisy Country Lodge beloof onvergeetlike verblyf in die beeldskone Namakwaland.

Jakkalswater Gasteplaas

13 km buite Springbok

Jakkalswater Gasteplaas

Jakkalswater Gasteplaas is ongeveer dertien kilometer buite Springbok en kruip tussen die graniethange van die Kamiesberge weg wat ’n natuurgeoriënteerde toevlugsoord in die hartjie van Namakwaland bied. Die plaas word deur kokerbome en granietrotse omring en is perfek vir diegene wat op soek is na ’n vreedsame ontsnapping tussen die natuurskoon. Daar is verskeie verblyfopsies wat slaapplek aan tussen twee en vier gaste bied, en is dus ideaal vir enige paartjies én groepe. Gaste kan die plaas se skilderagtige omgewing te voet verken, unieke plantspesies ontdek en plaaslike wild soos klipspringers en bobbejane teëkom. As ’n gerieflike basis om Namibië, die Richtersveld en die noordelike Weskus van Suid-Afrika te verken, bied Jakkalswater eindelose geleenthede vir daguitstappies en buitelugavonture. 

Naries Namakwa Retreat

Tussen Springbok en Kleinzee

Naries Namakwa Retreat

Naries Namakwa Retreat het ​​as ’n rustige en romantiese wegbreekplek op die rand van die Spektakelberg tussen Springbok en Kleinzee ontstaan. Hierdie toevlugsoord is perfek vir reisigers wat in die wonders van die groter Namakwa-streek wil delf. Naries Namakwa Retreat is op ’n uitgestrekte semi-woestynterrein van 6000 hektaar geleë en dis in die hartjie van die veldblomskouspel gedurende die blomseisoen. Die lodge bied ’n verskeidenheid verblyf-opsies: berg-suites met koepeldakke, ’n Kaaps-Hollandse herehuis en twee gesinskothuise met selfsorggeriewe wat vir gesinne met kinders geskik is. Aandete en ontbyt word by die herehuis en berg-suite ingesluit en die eenhede word daagliks skoongemaak.

Letsatsi Lodge

Vanrhynsdorp

Letsatsi Lodge1

Hierdie lodge is ideaal vir enige reisvoorkeur, of julle ’n paartjie is wat romanties wil verkeer, of ’n groep wat na ’n avontuur-wegbreek verlang. Daar is ’n verskeidenheid chalets wat elk twee tot vier gaste akkommodeer en elke chalet is met ’n TV, lugversorging en ’n kombuisie met basiese verhit-en-eetgeriewe toegerus. Gaste kan aan heerlike maaltye by die restaurant op die perseel, Red Ox Steakhouse, smul en fynproewers kan aan die fantastiese streekswyne teug. Begeleide toere deur die historiese kerk en tuine, wat die streek se flora ten toon stel, is ook beskikbaar en na ’n opwindende dag kan gaste in die swembaddens ontspan. Met sy verskeidenheid geriewe en toewyding om die natuur te bewaar, bied Letsatsi Lodge  heerlike verblyf te midde van die prag van Namakwaland se veldblomskouspel.

Namaqua Flower Beach Camp

Namakwa Nasionale Park

Namaqua Flower Beach Camp

Namaqua Flower Beach Camp is net een kilometer noord van die Groenrivier-ingang wat na die Namakwa Nasionale Park lei en bied ’n rustieke dog verfynde ervaring langs die pragtige Namakwa-kuslyn. Hierdie tentkamp verwelkom gaste gedurende die blomseisoen, wanneer die dorre landskap ’n ongelooflike blomtransformasie ondergaan. Die kamp bied slaapplek aan dertig gaste en beskik oor vyftien individuele glanskamptente, wat elkeen volledige privaatheid en pragtige uitsigte oor die Atlantiese Oseaan vanaf die stoep bied. Die tente pas soomloos by die natuurlike omgewing in en geriewe sluit onder meer elektriese komberse en ’n tee- en koffiemandjie in. Die kamp se gemeenskaplike area nooi gaste om in ’n opelug-atmosfeer te ontspan en heerlike eetervarings te geniet. ’n Knus sitarea met buitelugverwarmers bied die perfekte plek vir ontspanning onder die sterre. 

Grootvalleij Farm Accommodation – Blommehuisie

Kamieskroon

blommehuisie

Grootvalleij Farm Akkommodasie – Blommehuisie bied ’n unieke ervaring aan natuurliefhebbers wat hulself in die prag van die streek se veldblomme wil verdiep. Hierdie bekoorlike huisie is net agtien kilometer wes van Kamieskroon op die idilliese plaas, Grootvallei, geleë en spog met die romantiese Blommehuisie wat deur die rustigheid van die natuur omring word. Daar is slaapplek vir twee op ’n gemaklike dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Terwyl die kothuis nie elektrisiteit het nie, word sy rustieke atmosfeer deur die sagte gloed van gaslampe geskep. Buite is daar ’n kaggel en boma wat die perfekte omgewing vir etes onder die sterrenag is. Verder bied die perseel toegang tot privaat staproetes wat na skilderagtige uitsigte lei en sodoende die ideale ligging is om die asemrowende skoonheid van Namakwaland se veldblomme te ervaar.

Kyk ook na die ander huisies op die perseel: 

Grootvalleij Farm Accommodation – Oom Gideon se Huis

Grootvalleij Plaas Akkommodasie – Kliphuisie

Maskam Guest Farm

Vanrhynsdorp

Maskam Guest Farm

Maskam Guest Farm is naby die N7-hoofweg en Vanrhynsdorp wat dit perfek vir roetereisigers maak. Dié wegbreek is ’n paradys vir plantkundiges en laat jou na die plaaslewe ontsnap. Julle kan vir Wagter ook saambring! Elkeen van die drie tweeslaapkamerkothuise en twee oopplan-kothuise spog met panoramiese uitsigte op die Maskam- en Gifberge, en sluit geriewe soos WiFi, lugversorging of kaggels en braaigeriewe in. Julle kan ook op die perseel swem, bergklim, voëlkyk en fietsry en diegene wat bederf wil word, kan ’n heerlike aandete en volledige ontbyt bestel. Gedurende die blomseisoen word die plaas met meer as 1500 blomspesies opgekikker en dit skep ’n betowerende blomskouspel. Nabygeleë besienswaardighede soos Gifberg-toere, wyntoere en Victoriaanse geboue in Vanrhynsdorp bied verdere verkenningsgeleenthede. 

Kallabaskop Eco Lodge

Namakwa Nasionale Park

Kallabaskop Eco Lodge

Kallabaskop Eco Lodge word deur die Namakwa Nasionale Park omring en bederf besoekers met ’n voorry-sitplek om die veldblomme wat gedurende die seisoentyd hul kleurvolle baadjies aantrek, te bewonder. Hierdie rustige eko-lodge maak van sonkrag gebruik en bied ’n ontsnapping vir natuurliefhebbers wat na gehele privaatheid op soek is. Troeteldiere is ook welkom! Verblyf sluit vyf dubbelkamers en onderdakkampeerplekke in en gaste deel ’n gemeenskaplike lapa wat met piekniekbankies, braaigeriewe en basiese kombuisgeriewe toegerus is. 

Namaqua Lodge

Vanrhynsdorp

Namaqua Lodge

Namaqua Lodge in Vanrhynsdorp is in die hartjie van Namakwaland geleë en bied ’n verskeidenheid eenhede wat geriefelik vir jou en jou troeteldier is. Met die wye verskeidenheid verblyfopsies kan die lodge gaste met verskillende behoeftes en voorkeure akkommodeer. Elke kamer is met geriewe soos ’n TV, lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en daar is ’n gemeenskaplike braai-area waar lekker gekuier kan word. Ander besienswaardighede in die omgewing sluit Gifbergpas, die Kokerboom Vetplantkwekery, die Ou Tronk Kwekery en die Knersvlakte Natuurreservaat in en is dus ’n meeslepende wegbreek wat jou die skoonheid van Namakwaland eerstehands laat ervaar. 

Wanneer kan ek blommekyk?

Die beste tyd om te gaan is gedurende Augustus en September (soms is daar nog ʼn paar blomme in Oktober ook). Jou blommekyk-ervaring is wel ook baie afhanklik van die weer op daardie spesifieke dag. Die blommetjies hou van die son, so as dit bewolk is, kruip hulle gewoonlik weg. Tog kan hulle ook vinnig verlep as hulle te warm kry, so mik vir ʼn dag waarop die kwik by ongeveer 14 °C gaan draai.

Siedaar! Moenie dié jaarlikse kleurverskynsel misloop nie en bly sommer ‘n paar dae om die veldblomme in al hulle glorie te kan ervaar. Bespreek vandag nog jou plek en laat Namakwaland se betowerende veldblomme ‘n onvergeetlike indruk op jou herinneringe laat.

Hoofoto: Namaqua Lodge op LekkeSlaap


Lees ook:

Die waar, wat en hoe van blommekyk in Suid-Afrika

Besonderse blomme van Suid-Afrika: ’n lysie vir beginners

Spoke, gin en tee ─ dít alles in Namakwaland