Ebenezer
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Mynie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 3 jaar
Opsomming van Resensie
Joanna B - Feb 2024
Algehele gradering
Gerieflik en gasvryheid soos min plekke.
Ebenezer se terugvoer
Goeie more Joanna! Baie dankie vir julle positiewe terugvoer oor Ebenezer Gastehuis. Ons het julle kuier so waardeer. Ek hoop regtig dat julle sommer gereeld sal kom oorslaap.
Sien uit na ons volgende kuier. Mynie
Wilna V - Jan 2024
Algehele gradering
Lekke verrassing.
Ebenezer se terugvoer
Wat 'n groot voorreg om julle hier te kon ontvang! Ek glo julle sal sommer gou weer kom inloer. Daar was nie eens tyd vir die lekker melktert nie. Kom kuier asb. weer.
Mynie Short
Zack S - Des 2023
Algehele gradering
10 uit 10 vir Ebenezer.
Ebenezer se terugvoer
Abrie! Julle was uitsonderlike gaste! Ek waardeer julle positiewe terugvoer. Volgende keer drink ons tee in die tuin. Sien uit na julle volgende besoek.
Rohan D - Jun 2023
Algehele gradering
Vreeslik bederf.
Ebenezer se terugvoer
Rohan,
Baie dankie vir die terugvoer. Dit maak my so gelukkig om te weet dat jy lekker hier kuier. Dankie dat jy Ebenezer Gastehuis gekies het. Jy sal altyd welkom wees hier. Altyd.
Sien jou gou weer.
Mynie
Debbie V - Feb 2023
Algehele gradering
Ongelooflik gasvry!
Ebenezer se terugvoer
Debbie
Jy het my in trane. Ag liefste mens. Dit is hoe ek groot gemaak is. Een laat middag het mense voor ons huis stil gehou wat pad gevra het. My ma het die mense (van Holland) ingenooi. Hulle het toe sommer eers die volgende dag gery. Dit is so 'n groot voorreg om mense te ontvang. Hierdie huis sou so arm gewees het as hier nie kuier mense stil gehou het nie. Ek waardeer dit so dat julle juis Ebenezer gekies het. Laat dit met julle goed gaan liefste Debbie. Aanvaar dat die Here julle liefhet en vir julle sal sorg.
Sien julle sommer gou wee.
Mynie
Charmaine M - Feb 2023
Algehele gradering
Fantasties!
Ebenezer se terugvoer
Liefste Charmaine
Ek hoop jou volgende besoek is sommer om die draai. Dit was so 'n voorreg om julle as gaste te ontvang. Ons Hemelse Vader bederf my om julle na my plekkie te stuur. Julle is vir altyd in my hart vasgeteken.
Sien julle gou weer.
Mynie Short
Jeanne P - Des 2022
Algehele gradering
Ek en my man het vir 2 nagte oorgebly om in die omgewing met ons scramblers te gaan ry.
Ebenezer se terugvoer
JEANNE! Wat 'n avontuur om julle hier by EBENEZER SELFSORG te ontvang! Julle het my so geinspireer met die vryheid en rustigheid wat julle uitleef. Ons is het intussen (julle) eenheid opgegradeer. Dit sal teen einde Februarie op al die platforms aangebied word. Ek hoop regtig julle kom kuier in die winter! Ek gaan selfs 'n braai plekkie vir julle bou! Tot ons mekaar weer sien!
MYNIE SHORT
Monika B - Nov 2022
Algehele gradering
Baie goed.
Ebenezer se terugvoer
Monica, ek is altyd verstom oor die gaste wat hier by my aandoen. Wat 'n groot voorreg om jou as gas te ontvang. Jy is so 'n opregte, lieflike mensie. Dit maak my so gelukkig as mense hier aandoen en so lekker by my plekkie kuier. Ek hoop regtig dat jy sommer gou weer sal kom inloer. Mynie Short.
Ludwig M - Okt 2022
Algehele gradering
Vriendelik, skoon en netjies, pragtige tuin.
Ebenezer se terugvoer
Ludwig
Dit was so 'n voorreg om jou as gas by ons te ontvang. Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Ons sien uit na jou volgende besoek.
Mynie
Johan W - Sep 2022
Algehele gradering
Baie lekker.
Ebenezer se terugvoer
Johan,
Dit was so lekker om julle by ons te ontvang.
Kom kuier sommer gou weer.
Volgende keer kuier julle lank genoeg om by Loskopdam en by ons ander uitstaande kuier plekke te kuier.
Mynie Short.
Ineke A - Aug 2022
Algehele gradering
Our stay at Ebenezer was wonderful.
Ebenezer se terugvoer
Ineke, what a beautiful couple. It was such a honor to have you as my guests. It feels like family visiting. I hope to see you soon and please come and stay for a few days.
Mynie Short
Henk B - Jun 2022
Algehele gradering
Uitstekend! Gasvry! Vriendelik!
Ebenezer se terugvoer
Kosbare mense met die mooiste harte! Dit was voorwaar 'n groot voorreg om julle hier by ons te ontvang. Ons sien uit na 'n opvolg besoek met die hele gesin.
Mooi loop en geniet ons kosbare land.
Mynie Short
Ratanang M - Jan 2022
Algehele gradering
It was so great and I enjoyed to be there.
Ebenezer se terugvoer
You were such beautiful guests! It was a honor to have you at Ebenezer. We would love for you to visit again. Hope to see you soon!
Mynie Short
Danielle P - Des 2021
Algehele gradering
Liefdevolle verwelkoming en vriendelikste diens.
Ebenezer se terugvoer
Wat 'n voorreg om julle as gaste te ontvang! Ek kan eerlikwaar nie wag vir julle volgende besoek nie. Julle is so welkom.
Chantal B - Aug 2021
Algehele gradering
Vriendelik en behulpsaam.
Lees meerEbenezer se terugvoer
Ek is dankbaar dat julle dit geniet het by Ebenezer. Dit maak ons gelukkig as ons gaste so lekker bly! Julle moet asseblief kom inloer as julle weer in die omgewing is. Dit sal 'n voorreg wees om julle te ontvang.
Rickus V - Jul 2021
Algehele gradering
Baie lekker, vriendelik, skoon.
Ebenezer se terugvoer
Goeie more Rickus,
Dit was so 'n groot eer en voorreg om julle hier te kon ontvang. Dankie vir die positiewe terugvoer. Ek glo ons sal julle binnekort weer sien! Loop mooi en wees veilig.
Mynie en die Ebenezer span.
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buffelstraat 22, Groblersdal, 0470, Limpopo