Neser Woning
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tunastraat 223, Oesterbaai, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Neser Woning bied salige verblyf in die kusdorpie Oesterbaai in die Oos-Kaap. Dit is ideaal vir 'n paartjie of enkeling wat smag na afsondering en 'n rustige vakansie. Oesterbaai het net een winkel met basiese kruideniersware en 1 gesinsrestaurant met 'n speelgrond.
Neser Woning het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet.
Die oopplan-kombuis is toegerus met al die moderne toebehore wat jy benodig vir sorgelose selfsorgverblyf. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër, en ysmasjien.
Die leefarea het gerieflike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. En die veranda het 'n gasbraaier en 'n uitsig oor die see.
Kamer-opset
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Elmarie Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 16
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Tunastraat 223, Oesterbaai, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
- Gaste dink Neser Woning het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Oesterbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tunastraat 223, Oesterbaai, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom