Rest a Bit at Glentana
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekatstraat 17, Glentana, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R1 625 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Rest a Bit at Glentana is in Glentana, 20 km suid van George op die Tuinroete geleë. Die omgewing is ook bekend as die mees gematigde klimaatstreek in die land en dis selde warmer 28 grade. Van die beste gholfbane in ons land soos Fancourt, Pinnacle Point by Mosselbaai en Kingwood by George, Heroldsbaai en nog ander is naby ons geleë.
Die huis het 2 slaapkamers met 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Linne en handdoeke word voorsien. Daar is 'n bad, toilet en 'n wasbak in die eerste badkamer en 'n stort en 'n wasbak in die tweede badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met net 'n toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas met 'n groot vrieshokkie, mikrogolf en 'n stoof toegerus. Daar is een gasplaat om te gebruik tydens beurtkrag. Daar is 'n platskerm-HD-TV met sekere plaaslike SABC-kanale in die sitarea. Let dat daar geen KykNet-kanale is nie. Gaste is welkom om hul eie vir DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Daar privaat braaigeriewe buite, 'n toesluitmotorhuis en parkeerplek vir 'n sleepwa op die perseel.
Klein, knie-hoogte honde is welkom op versoek.
Glentana spog met 'n lieflike strand ideaal vir stap, asook veilige swemplek. Groot Brakrivier is ongeveer 10 km weg. Gaste het maklik toegang tot Kaapstad, Johannesburg. Oos-London en Gqeberha (Port Elizabeth) vanaf George Internasionale Lughawe. Die woonstel is aan die onderkant van die huis geleë en front na die see. Dit is sowat 200 m se stap vanaf die strand. Daar is prentjiemooi uitsigte.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Andrei Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Seekatstraat 17, Glentana, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Rest a Bit at Glentana het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Glentana Groot-Brakrivier George Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekatstraat 17, Glentana, 6520, Wes-Kaap