Verbe Farm Accommodation
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: No Heep Plaas, Langs die N7, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Verbe Farm Accommodation is op die plaas, No Heep in die Kamieskroondistrik geleë en het so baie om aan gaste te bied sodat hulle 'n egte Namakwaland-ervaring kan geniet.
Die plaasakkommodasie beskik oor 2 chalets en elke eenheid het 'n volledig toegeruste kombuis en braai-areas binne en buite. Die ligte werk met sonkrag. Daar is ook ’n gasyskas, 'n vierplaatgasstoof en 'n geiser. Indien gaste hul selfone, skootrekenaars, ens. wil laai, kan dit by die hoofhuis gedoen word waar daar krag is.
Let asb. daarop dat daar ’n grondpad van 8 km is wat na die plaas lei.
Die plaasakkommodasie weerspieël Namakwaland se kultuur en is tussen Garies en Springbok geleë, 12 km noordoos van Kamieskroon en net 8 km vanaf die N7. Kamieskroondistrik is die hartjie van die blommekyk-area en dit maak Verbe die ideale plek om al die natuurlike wonders van Namakwaland vanaf te verken. Dit word omring deur berge en die gewilde Namakwa Nasionale Park is net 47 km ver.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Reisigerstjeks
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Santa Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 129
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- No Heep Plaas, Langs die N7, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
- Gaste dink Verbe Farm Accommodation het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kamieskroon Namakwaland Noord-Kaap
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: No Heep Plaas, Langs die N7, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap