Verified Reviews
Border Area
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Border Area
Rated 4.3 out of 5 based on 1510 reviews.
"Moenie dat Rhodes se afgesonderheid jou afskrik nie en moenie vir die winter wag nie! Pak jou tas en kosmandjie in en geniet 'n wegbreeknaweek, week of twee in die pragtige dorpie en asemrowende omgewing. Mens het nie noodwending 'n 4x4-voertuig nodig nie - die paaie van Elliot en Barkly-Oos is goed onderhou en ons het met ons gewone motor sonder enige probleem Rhodes bereik. Rhodes in die somer is pragtig. "
"Sou nie regtig daar kan swem nie, teveel rotse op die strand. Moet na ander strande ry."
"'n Moet... Dit is vir enigiemand met 'n voertuig wat die grondpad kan aandurf! Nie noodwendig 4x4 nie. "
"Die winkel in Haga-Haga kan beter ingerig word met meer en 'n groter verskeidenheid voorraad. Dit beskik net oor die basiese en sal onvoldoende wees vir toekomstige besoekers wat hier besoek as 'n selfsorggroep. Veral as 'n mens wil braai, want daar is geen ander winkels beskikbaar in die omgewing as jy iets nodig het nie. Die plek is meer vir rustige besoekers en vissermanne wat daar kom kuier. "
Gxarha (Morgan's Bay), Border Area
Ankervas"Morgan Bay is only 60 km from East London and the road is fully tarred. This spot on the Wild Coast offers everything a holiday maker could wish for. Long beautiful beach with a safe bathing lagoon for the children, amazing rock pools and dramatic cliffs. The Morgan Bay hotel has an amazing deck offering good catering at reasonable prices, and the Mitford Is right on the rocks. "
"The roads in the CBD need to be improved, as well as driving in general. "
"Ideaal vir natuurliefhebbers met staproetes en bergpasse vir 4x4 en motorfiets entoesiaste. Besoek die kunsplekke en kwekery om meer van Rhodes se gasvryheid te ervaar."
"Baie jammer die hotel is toe, maar die ander mense wat ons daar ontmoet het, was baie aangenaam! "
"Woonbuurt lyk baie goed en is redelik sentraal, en ook nie te vêr van die strand af nie."
"Die Hele Wildekus noord van Koffiebaai (ot Mthata Riviermonding) en suid tot Hole-In-Hole se kuslyn en is uitsonderlik mooi en ongerep en 'n moet om te sien. Die plek om te bly by Koffiebaai self is Ocean View Hotel - dit was bykans vol. Ons het daar gaan kyk en aandete geniet - baie Nice - 'n eiland in 'n deurmekaar plek wat agteruit gaan (ongeveer 400 m van Nenga River Lodge). Koffiebaai is baie mooi, maar hele plek het agteruit gegaan. Ons het gaan bly by Hole-in-the-Wall - ongeveer 7 km van daar (Koffiebaai. Baie mooi, plekke in goeie toestand, baie toeriste en wonderlike natuurskoon wat toeganklik is."
"Ons is mal oor Gonubie. Ons het vir 'n ruk daar gebly en sal vir enige iemand aanbeveel om daar te gaan kuier."
"Security, security and security. I hope next time I visit the road construction will be done."
"Cintsa is die perfekte dorpie as jy wil ontsnap van die stadsomgewing. Dit is 'n beeldskone omgewing, met kilometers se strande wat smeek om op geloop te word. Die dorpie is bitter klein, met slegs die nodige geriewe. Daar is nie veel om te doen behalwe te rus en die natuur te geniet nie - droomvakansie!"
"Ons kon nie van die plekke van historiese belang waaroor ons gelees het, opspoor nie."
"Die geriewe is skoon en pragtig geleë. Die ontbyt wat voorgesit word is uit die boonste rakke en ek dink beter as wat mens by ander plekke kry. Dit is beter as vyfster. Was al drie keer daar en geniet dit elke keer meer. Word ten sterkste aanbeveel. "
"Tifindale definitief 'n plek om te besoek in die Winter. Jou ryding moet net reg wees!"