Verified Reviews
Border Area
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Border Area
Rated 4.3 out of 5 based on 1510 reviews.
"Uitstekende strand en swemarea. Mooi rivier uitmonding wat ideaal vir kinders is."
"Gonubie is 'n pragtige stranddorpie. Die lagune en seestrand bied heerlike ontspanningsgeleenthede. Daar is 'n paar lekker koffiewinkels met die lekkerste pannekoeke. Gonubie gee jou 'n "klein-dorpie-gevoel" wat die ideale plek is vir 'n gesinsvakansie."
"Ligging absoluut pragtig behalwe die straate is in 'n baie, baie slegte toestand en ek verstaan daar word niks aan gedoen nie. Is 'n probleem om die potholes te mis en dit is die mening van baie besoekers met wie ons in die gesels gekom het."
Gxarha (Morgan's Bay), Border Area
Mitford 15"Morgan's Bay is net wat ons gesoek het, groot genoeg met als wat ons nodig gehad het en klein genoeg om lekker rustig vakansie te hou."
"Port St Johns het baie agteruitgegaan. Die dorp is ook vervalle. Natuur is steeds pragtig en die moeite werd om te gaan sien."
"Die strande daar is net baie rotsagtig maar verder is dit baie mooi en netjies."
"Kidd`s Beach was awesome, we enjoyed ourselves very much there, especially the beach at Palm Springs Resort."
"Gonubie is 'n heerlike bestemming en beslis 'n ideale vakansiebestemming."
"Koffiebaai is 'n besonderse, maar ook 'n nis bestemming. Sekere tipe persone, veral jong mense, geniet dit baie. Dit bied beslis 'n spesiale, dalk selfs ongewone vir baie mense, ervaring. Ongelukking is daar padkonstruksie werk aan die gang wat bietjie chaos veroorsaak en die skoonheid van die plekkie vertroebel."
"Die museum was 'n wonderlike ervaring, die eetplekke op die strandfront baie lekker kos. Selfs die akwarium is 'n moet-sien vir enige toeriste. Die slangpark is ook 'n fantastiese ervaring en interessante inligting en hantering van die slange. Net 'n baie groot teleurstelling van die leeupark - nie baie netjies nie. Maar die dieretuin is 'n groot gemors, geen instandhouding. Die diere lyk almal verwaarloos en daar's tot party diere wat op die webtuiste aangewys word wat daar geen teken van is nie. Die hokke is leeg, sommige hokke is te klein vir die diere, die leeus se hok is hopeloos te klein. Die koivisdam is so vol alge mens kan nie eers die visse sien nie. Die dam van die ganse, eende en swane is so groen, vuil en vol papiere, stokke en grasse. Jy sien skaars die diere se pote. En as die diere jou sien soek almal kos. Is daar dan geen instandhouding in die dieretuin nie? Die paaie in Oos-Londen is baie goed en aanduidings in rigtings na verskillende plekke is duidelik. Die verskeidenheid malls is ook 'n pluspunt en die Game en Superspar is 'n fees om Kersinkopies by te doen ..."
"Ek sal weer met vakansie na Gonubie gaan, dalk net by verblyf met 'n uitsig oor die see."
"It is a lovely guest house that is perfect for a short stay however I would not make use of it over a long period of time. It is also near to a shopping complex that has the basics just as a Pick n Pay."
"It's a lovely small suburb in East London. Can be a lovely place to go on vacation if you have the correct accommodation."
"Pragtig! Kuiergaste moet net kennisneem dat as jy probeer stap na die 'Hole in the Wall', opdringerigheid van 'gidse' om jou te begelei 'n probleem kan wees. Ry eerder soontoe, hoewel die 'gidse' toeriste inwag om begeleiding te doen en nie tevrede is met R50.00 nie, maar aandring op ten minste R100.00!"