Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.
"Die Wimpy by die vulstasie het kragpunte vir selfone wat baie nuttig is en waardeer word terwyl ietsie geëet en gedrink word."
"Sutherland is a typical small karoo town. We enjoyed our stay and found the locals to be so kind, chatty and helpful, especially Magda at Magda's Winkel who regaled us with stories of the products on her shelves. We had breakfast on Saturday at Jupiter, and were served by a lovely young lady who was so sweet and kind. The portions were really enormous and the food was so so good! We would really really recommend them, all round great hospitality and really good food! We also went stargazing at the SAAO which was amazing! We weren't properly prepared for the cold, though our own fault. All in all, whilst Sutherland doesn't have much to offer, you can make a good weekend for yourself, and enjoy it if you really want to!"
"Beslis 'n dorpie met sy eie bekoring en potensiaal. Oor die algemeen kan n toeris veilig voel,wat n uitsondering in SA is. Die inwoners is gasvry en vriendelik. Restaurante bied waarde vir geld. Ons sou graag langer wou vertoef."
"Rustige Karoodorpie bied ideale wegbreek van woel, gejaag en stres van die moderne samelewing."
"Pragtige, historiese geboue (Louwhuis, NG Kerk), waarvan vele gerestoureer is."
"Ons het die museum besoek, wat baie interessant was, en verskeie eetplekke besoek. Die kos was oral heerlik, die pryse billik en die dorp merkwaardig skoon en netjies."
"Pragtige klein dorpie. Ons was verbaas oor hoe skoon dit was. Ons sal definitief weer gaan."
"Dis nie die Kaap nie. Almal is so vriendelik en hulpvaardig. So welkom gevoel."
"It is very cold in the evenings. Would like to spend a weekend during winter, hopefully with some snow."
"Sterrewag 'n moet om te besoek. So ook private observatorium, Sterreland net buite die dorp wat saans besoek kan word."
"Prins Albert is 'n belewenis! Vriendelike, skoon dorp met goeie diens op alle terreine. Die heerlikste eet- en kuierplekke. 'n Lafenis vir mens se siel."
"Dit is ons eerste keer wat ons Prins Albert besoek. Dit is 'n eg plattelandse dorp met 'n rustige atmosfeer. Lekker ontbyt geëet by die Koffiehuis. Baie mooi hotel, langs die Koffiehuis, met pragtige ou meubels. Ons sal volgende keer meer wil rondloop om die dorp te verken."
"Sutherland is 'n wonderlike toeriste bestemming. Sal graag weer wil kom."
"Ons het Sutherland baie geniet en dis 'n heerlike toeristebestemming - nie net vir die besoek aan die SA Observatorium nie, maar ook vir natuurliefhebbers wat die omgewing verken."
"Sutherland needs to be on your bucket list. Wonderful restaurants, a trip to the observatory as well as Sterland for a star safari."
"Inwoners is vriendelik en hulpvaardig. Wonderlike rustige Karoo bestemming wat besoekers met ope arms ontvang. Veral die personeel by die Swartberg Hotel het ons laat welkom voel en was professioneel en vriendelik te alle tye. 'n Moet besoek dorp."