Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 10323 reviews.
"Dit is 'n vyfster strand. Die hele dorpie was baie skoon en netjies en jy word nie oorval deur bedelaars en karwagte nie. Definitief die moeite werd! "
"Welbekende historiese dorp, slegs een aand geslaap, dus kan ek nie veel uitlaat nie. "
"Ons was aangenaam verras met die skoon strande. Ons was elke dag op East Beach en dit was regtig skoon. Op 26 Desember het daar bietjie rommel rondgelê in die straatjie naby die strand waar die motors die vorige dag geparkeer het, maar tot my verbasing het werkers vroegoggend al opgedaag met swart sakke en begin opruim - nogal op die openbare vakansiedag! Daar is lieflike eetplekke en ander winkels. Die enigste negatiewe dingetjie is dat mense nie plastieksakkies saamneem vir hul honde se oepsies op die strand nie. Op Kleinmond word 'n hele rol plastieksakkies gratis voorsien en mense maak nie gebruik daarvan nie! Ons is self mal oor honde, maar maak asb skoon agter jou vierpoot. "
"Pragtige, historiese dorpie, maar die hoofstraat was ongelukkig vol rommel, wat toeriste kan afsit. Lekker Maria's koffie!"
"Daar is oral hoe drade en kameras, nie geweet daar is probleem in so 'n klein dorpie nie. Baie dwelm gebruikers orals in die parke en openbare areas."
"Ek het nooit onveilig gevoel nie. Plaaslike mense bedagsaam en vriendelik. En dit sluit almal in vanaf die strandwagte tot die bestuurders van Spar. Almal baie veiligheidsbewus en toegespits op die toeris. Die wildekus is nie 'n plek vir die gemiddelde strandganger nie. As jy soontoe wil gaan moet die wandelpaaie aandurf en deelneem aan ander aktiwiteite. "
Makhanda (Grahamstown), Eastern Cape
Tipuana B&B & Self-Catering"Grahamstad se strate is vuil en die paaie word nie in stand gehou nie. Die water is van so 'n aard dat jy dit nie kan/wil drink nie. Diere (donkies en beeste) loop rond in die middel van die dorp en eet uit oorvol publieke asblikke. Twee uit drie verkeersligte was buite werking. "
"Die dorp wat 'n wonderlike kombinasie bied tussen geskiedenis, natuur, argitektuur, eet-ervarings, plattelandse gasvryheid en vista's. Mens ry nie net deur Graaff-Reinet nie, jy bly oor!"
"Beautiful B&B available. Kenwyn Bed & Breakfast on the N6. Gloria went out her way to accommodate us late at night and make sure we were comfortable. "
"Dit is 'n baie oulike dorpie. Het baie daar geleer. En die mense is baie vriendelik. "