Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 15868 resensies.
"Onontdekte juweel met baie meer fasiliteite as wat ek besef het. Uitmuntende eetplekke!"
"Die hoof-besienswaardigheid digby Tergniet is De Vette Mossel restaurant (wat 'n moet is)."
"Dit is 'n baie lekker plekkie met ongelooflike goeie gees onder die mense. Dit was 'n heerlike ervaring om die plek te besoek en almal was baie vriendelik. Die strand was pragtig skoon en dit was vir ons en ons kinders 'n ongelooflike lekker tyd wat ons met mekaar kon deel."
"Verkeersbeamptes was hulpvaardig om 'n vreemdeling by sy regte bestemming te bring tydens KKNK. Die besoek aan Oudtshoorn was 'n aangename ervaring. "
"Gaan nerens vogende jaar behalwe Hartenbos, die dorp en mense het in ons harte gekruip."
"Klaarstroom is behoorlik 'n "one horse town", maar voorwaar 'n besoek werd."
"As jy soek na 'n lekker plek om te gaan "chill", van die wêreld te vergeet en net te wees, dan is Myoli die plek vir jou."
"Hartenbos is skoon en netjies, selfs met paasnaweek se toeloop van vakansiegangers."
"Sedgefield self het nie 'n tipiese vakansie gevoel nie. Dit is 'n "slow town" wat nie gekenmerk word deur baie toeriste nie. Wil jy rus en ontspan is dit die ideale plek. Dit is ongeveer 200 km noord na Stormsriviermond en die hangbrug en 150 km suid na Mosselbaai. George en Oudtshoorn (Kangogrotte) is ook binne bereik. "
"Dit is 'n pragtige omgewing wat mens kan verken per motor en te voet. Daar is ook heelwat riviermondings waar dit veilig is vir kinders om te swem."