Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2765 reviews.
"Mal oor Prins Albert - keer telkens terug! Was ook lekker om die park run te doen en die projek te beleef wat die kinders uit die gemeenskap by park run betrek. "
"We previously stayed at Bfw Karoo National Park, with totally different experience."
"Besoek vir seker die Chris Barnard museum. Jy kan ook die Karoo-natuurpark vanuit die verblyf in Beaufort-Wes besoek."
"Die grootste aantrekkingskrag van Beaufort-Wes vir ons is die nabygeleë Karoo Nasionale Park. Ons lê ons toe op die fotografie van voëls, naaldekokers en skoenlappers en soek graag die spesies wat eie is aan die Karoo habitat. Die park se akkommodasie is egter heeltemal te duur om daar oor te bly, gevolglik beplan ons die reis so dat ons die hele namiddag van ons aankoms en die voormiddag van die volgende dag in die park kan deurbring voordat ons verder reis. Biffie's Cottages het vir ons 'n bekostigbare akkommodasie-alternatief gebied. "
"Die dorp is netjies en skoon, wat 'n pluspunt is dit nie! Ons is orals vriendelik ontvang en in Afrikaans bedien. "
"Pragtige geboue en dorpie in goeie toestand. Interessante winkeltjies en genoegsame eet- en drinkplekkies."
"Maak gerus 'n draai by Kokkedoor Tessie se Nessie vir heerlike tuisgemaakte pasteie en koekies."
"Karoo Nasionale Park by die dorp is die hoof aantreklikheid. Hulle is vriendelik, netjies en baie behulpsaam."
"Beautiful quaint town! Lots to do and see with gorgeous homes all over the show."
"Food in town exceeded expectations. Great lunch at lazy lizard with outstanding homemade bread. Dinner at Art gallery (recommendation by lodge) has inspired menu and wine choices."
"Oulike dorpie met ryk geskiedenis, lekker restaurante en nog baie meer wat ons wil sien daar."
"Ek ken nie vir Beaufort-Wes nie, want ek slaap net een aand oor, maar wat ek gesien het was vir my mooi."
"Ons is aangenaam verras met hierdie oulike dorpie in die middel van die Karoo, sy oulike winkeltjies, heerlike restaurante en vriendelike mense. Die moeite werd om meer as 'n dag daar te spandeer."
"Mooi ou dorp met baie geskiedenis wat gebruik kan word om toeriste te lok en die infrastruktuur meer toeristevriendelik kan maak. "