Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Britztown is maar soos enige ou klein dorpie, want daar gaan niks aan nie. Dit was nie ons bestemming nie, slegs daar oornag en daarvoor is Britztown oulik."
"Dit is 'n baie mooi dorp. Was aangenaam verras met al die geskiedkundige geboue. Die kerk was die mooiste gebou."
"Die dorp het vir seker grooter geword met tyd. Genoeg eetplekkies en koffiewinkels."
"Pragtige dorpie wat ek al baie dekades lank ken van deurry, maar verlede jaar vir die eerste keer oornag het. Hartlike mense en pragtige natuurskoon."
"Ek sou graag so 'n paar dae daar wou spandeer om die rustigheid en ryk geskiedenis alles te kon inneem."
"Die beste plek vir 'n halfpad top. Die uitsig oor die dam is fantasties en 'n besoek aan die damwal is beslis die moeite werd."
"Die dorp is inderdaad 'n museumdorpie. Hou hierdie dorpie skoon en mooi sodat Chris Barnard se legacy kan voortbestaan."
"Baie gerieflike plek om te oornag op die lang pad tussen Kaapstad en Johannesburg. Die dam self is ook 'n trekpleister en altyd 'n besoekie werd."
"Een van die mooiste Kaapse dorpe, veral met die Swartbergpas in die nabye ongewing en al die besienswaardighede."
"Ek was regtig verbaas. Ou huise, maar so mooi onderhou en lyk nie verlate nie. Mooi winkeltjies om deur te stap, lekker eetplekkies. Camdeboo Nasionalepark is baie mooi om te sien, die moeite werd vir natuurliefhebbers."
"Beaufort-Wes se ligging maak dit 'n lekker oornagstop. Verder gaan daar nie veel aan nie."