Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Dorpie is maar eenvoudig, maar mense baie gasvry en behulpsaam. Die teerpad vanaf Leeu-Gamka is 'n bonus!"
"Philippolis is 'n baie mooi ou dorpie. Die ou huisies en geboue (baie van hulle nasionale monumente) gee die dorp baie karakter. Meeste van hulle is gerestoureer en kan bespreek word vir verblyf. Daar is 'n hele paar geboue en huise wat baie aandag kort en armoedig voorkom. Philippolis het nie veel te doen behalwe vir omliggende wildsplase nie. Die Lourens van der Post museum is maar eenvoudig en vervelig (meeste mense weet nie van hom nie). Indien jy wil uiteet (veral in die aand) maak seker om 'n bespreking te maak of met jou gasheer/gasvrou 'n reëling te tref. Daar is nie baie opsies van eetplekke nie (2 of 3). Ek sou nie sê dit is 'n toeristebestemming nie maar eerder 'n oorslaapplek of vinnige stop op pad iewers heen."
"Baie interesante dorp en omgewing, waar die tyd stil gestaan het. Dit is iets om te beleef."
"Quiet little Karoo town with an interesting history. Deserves at least 2 nights stay."
"Ongelukkig geen aandrestaurante het Covid oorleef nie. Sterkte."
"An interesting town that one needs to spend time in to investigate its quirkiness and beauty."
"Ek het voorheen in 'n ander plek in Colesberg oorgeslaap, maar Chargo Merino oortref die vorige plek by verre!"
"Ons het nuwe geskiedenis van ons mooi land geleer en sal graag weer in Merweville wil kuier."
"Was aangenaam verras, die dorp het skoon voorgekom. Die kos by Die Plattelander was heerlik. Sal beslis weer besoek."
"It is a nice mining town but a bit sad that there is no Tourist Information and information maps for the surrounding area."
"Ons is beïndruk met die konstruksie van die damwal. Hartseer om te sien hoe vandale ook hier die oorhand kry! Geen tekens dat enigiets herstel word nie."
"Loxton is 'n pragtige dorp! Lekker vir loop en verken. Pasop net vir Sondagmiddae - geen petrol, en alles toe."
"Dit is hartseer om te sien dat die klein dorpies in SA swaarkry, die kerk is pragtig sou meer van die geskiedenis van die dorpie wou uitvind."
"In hierdie moeilike tye moet pryse maar gemik word op Suid Afrikaners en nie die oorsese besoekers se bekostigbaarheid."