Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Indien jy in rigting van Kaap ry, ry oor die damwal. Asemrowend mooi en lieflike pad sonder trokke."
"Merweville self bied nie veel aan nie, maar die kerk is mooi en as daar kans is moet mense 'n bietjie oor die bestaan en die geskiedenis van die dorp leer."
"'n Interessante en historiese plek wat 'n dag of wat van verkenning verdien. Die uitsonderlike natuuromgewing moet veral nie oorgesien word nie."
"As jy lief is vir die geskiedenis van ons land, is Graaff-Reinet 'n goeie plek om te besoek."
"Pragtige kerk en 'n hele paar oulike gastehuise en restaurante. Maar die res van die dorp is baie afgeleef en lyk nie baie aangenaam nie. Hoewel daar is wonderlike bestemmings in die omgewing is."
"Jacobsdal en Koffiefontein se dorpies is baie verwaarloos en van die besienswaardighede is ook baie afgeskeep.Die kerk se hekke in Jacobsdal is gesluit en ons kon nie om die kerk loop nie. Die blok huis af in die straat is toegegroei onder bossies. Koffiefontein se museumstukke is beskadig en die beroemde koffie pot werk ook nie."
"Die dorpie is ideaal vir 'n rustige, maar genotvolle vakansie/naweek wegbreek met basiese benodigdhede binne bereik."
"Die dorpie het sy eie bekoring en was uiters skoon en sy mense was almal baie vriendelik."
"Loxton is 'n baie klein gemeenskap met vriendelike mense. Wees voorbereid dat daar nie winkels is nie, die Ko-opersie en winkel is baie oulike en behulpsaam."
"Beautiful old houses, although a bit run-down, with gems of lovely guesthouses and lodge/restaurant if you know where to look. We'll surely visit again."
"It is a very small town with a selection of shops but just what you would need for a short stay. "
"Klein dorpie met baie ou geboutjies. Voel bietjie verlate soms met heelwat vervalle en onbewoonde geboue. Daar is nie baie opsies vir etes koop nie en die een aand was daar net plek waar ons kos kon kry."