Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Prins Albert is 'n ontvlugting vir dié wat 'n gejaagde lewe ly. Hier kan jy ontspan, hardloop, fietsry, olywe en wyn proe en bitter lekker eet! Dit is ook 'n bonus as jy lief is vir die natuur. Die Swartbergpas is iets om te beleef, daar is staproetes en as jy jou verblyf reg kies, uitsigte wat jou asem wegslaan. Beslis 'n plek om te besoek!"
"Die mense behoort die sterreprag meer aggressief te bemark en so ook die wonderlike vleis en vleisprodukte van die plaaslike vleishandelaar. Ongelooflik."
"Dit is 'n baie oulike dorpie. Het baie daar geleer. En die mense is baie vriendelik. "
"Goed om oor te stop voor nog 'n lang dag op die pad, nie 'n plekkie om te gaan rondloop en besigtig nie."
"Hierdie plek is na ons mening 'n moet-besoek. Wonderlike plek en die donkiekarrit saam met Jacob was 'n belewenis."
"Dorpie met baie interessante plekke om te besoek - baie geskiedenis en onverwagte mooi natuurskoon."
"Colesberg is die ideale oornagstop. Die dorp bied goeie verblyf en restaurante. 'n Besoek aan Gariepdam is die moeite werd indien mens meer as een aand oorslaap."
"Weet dit sal dalk nie in almal se smaak val nie, maar ek was al 'n paar keer daar en sal weer gaan. Probeer elke keer iets koop by die kunstenaars buite die Uilhuis, hul pryse is billik. Dorpie en mense met soveel hart & warmte."
"Colesberg is 'n pragtige dorpie wat baie het om aan die reisiger te bied. "
"Vallei van Verlatenheid met sy asemrowende uitsig oor Graaff-Reinet en die rotsformasie is 'n absolute moet!"
"Daar is pragtige, ou geboue, maar ongelukkig lyk dit of die midde-dorp leeg is."
"Die hoeveelheid rommel in die strate is kommerwekkend. Ons het Graaff-Reinet nog nooit so vuil gesien nie."