Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
"Dis die eerste keer dat ons daar kom en ons sal graag weer wil gaan, dis pragtig!"
"Carnarvon is 'n tipiese Karoodorp, maar met The Lord's Kitchen om by te eet en Lord Carnarvon Guesthouse om by te oornag is dit baie spesiaal. As jy hou van "the road less travelled", maak gerus hier 'n draai."
"Baie om te sien. Hier is museums, geskiedkundige geboue, monumente, natuurreservaat en die Vallei van Verlatenheid en ook net 'n klipgooi ver van Nieu-Bethesda met al sy besienswaardighede. Beslis 'n besoek werd."
"Die museum was treffend en interessant. Moes net meer tyd gehad het om die ander plekke ook te besoek."
"Die Williston Mall is 'n belewenis! Die dorpie is netjies, rustig, atmosferies en veilig. Dit lyk nogal, as mens vergelyk met 'n paar jaar gelede, asof Williston 'n nuwe trots ontwikkel. Daar is nuwe gastehuise wat uitstekende akkommodasie bied."
"Weliswaar 'n besoek werd in 'n mens se leeftyd. Wees voorbereid dat opsies vir aandete beperk is."
"Baie mooi dorp met 'n rustige atmosfeer. Ons het baie lekker geëet by die Merino Restaurant. Pragtige Karoo argitektuur."
"Mooi historiese dorp met pragtige Karoo argitektuur. Dit lyk asof die nuwe munisipale raad ekstra moeite begin doen oor netheid en ontwikkeling. Definitief die moeite werd om hier oor te bly. Besoek ook die Kingwill Deli en Coffee shop! En daar is 'n staproete op die berg."
"Ons het ongelukkig nie veel tyd gehad om die dorpie die dag te geniet nie en sal vervolgens weer graag daar wil oorslaap. "
"Britstown is ‘n rustige dorpie met baie vriendelike en bedagsame inwoners."
"Moet asseblief nie by Beaufort-Wes se KFC enige kos koop nie. My vrou het voedselvergiftiging opgedoen."
"'n Groot verrassing. Die Uilhuis ongelooflik interessant. Die bierbrouery 'n wenresep en Jacob met sy donkierit 'n juweel. Naas Montagu, my gunsteling battery-herlaai-dorp."