Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"Ons het die Kango-grotte en Cango Wildlife Reserve besoek en beide was wêreldklas! Ek is net jammer ons kon nie langer bly nie!"
"Klein Karoo bly 'n besonderse plek vir my en my man, dus gaan ons gereeld soontoe en slaap oor op al die klein dorpies. Op pad na Van Wyksdorp het ons by Muiskraal padstal gestop, wat 'n pragtige plek met al die lekkernye en die eienares was baie gasvry."
"Oudtshoorn is n heerlike sentrale plek om oor te bly, naby Knysna, Wildernes, Victoriabaai, George en net buite die dorp is daar baie attraksies vir toeriste. Bv die Kango-rotte en Wilgewandel asook volstruisplase en die inwoners daar is baie omgewingsbewus."
"Rust en Vrede waterval is ‘n moet al is dit bietjie ver uit die dorp. Karusa wyne is heerlik vir ‘n ligte middag ete. "
"Baie naby aan al die toeriste aantreklikhede en dis 'n pragtige en skoon dorp in 'n wonderlike omgewing. Al is dit droog is die natuurskoon absoluut pragtig. Baie dankie LekkeSlaap vir hierdie vakansie ons het dit waarlik geniet."
"Dié dorpie bied genoeg om toeriste te vermaak en dit is ook na aan verskeie ander toeristebestemmings."
"Maak seker u het 'n volwaardige spaarwiel in u motor en net nie daardie dun-spaarwieletjies waarmee voertuie deesdae uitkom nie. Die paaie kan ongelukkig lei tot 'n wiel wat vervang moet word. "
"Rustige dorp in hoog seisoen met goeie verskeidenheid van restaurante en besienswaardighede."
"Baie oulike 'one-stop' dorpie. Die restaurant 'Herrie' se diens was stadig, maar die kos was baie lekker."
"Klein Karoo se uniekheid maak dit lekker en mooi. Die plantegroei en klipkoppe en berge is alles deel van die andersheid van Klein Karoo. "