Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Fraserburg bied die ideale toerismebestemming aan diegene wat regtig die platteland wil ervaar."
"Was as kind laas daar en nou met die uitkykpunte kan mense baie nader en oor die rand van die rotse kyk. Alhoewel die rivier laag was, was dit nog steeds pragtig om te sien. Die park het ook nog goed versorg en netjies gelyk."
"Baie rustige Karoodorpie, baie netjies, en met leivore wat nog in werkende toestand is. Rooi Granaat en Lekker Loxton is lekker eetplekke."
"Dis duidelik dat Colesberg goed versorg word. Die Plattelander is 'n aangename restaurant."
"Dit is 'n klein dorpie waar jy veilig voel so in die middel van die Karoo. Voorwaar die ideale dorpie vir oorslaap."
"Die dorp is vuil en die inwoners waarsku jou teen motordiefstal en inbrake. Nie die veiligste bestemming nie."
"Maak seker dat jy reeds jou inkopies gedoen het in 'n ander dorp as jy op 'n Sondagmiddag aankom. Slegs paar kafees oop gekry vir ys en koeldrank."
"Het eintlik 'n interessante geskiedenis en 'n mens behoort langer as 'n nag oor te bly."
"Dink ons het verkeerde tyd in Kuruman gearriveer, dit was geweldig besig. Ongelukkig nie tyd gehad om Kuruman verder te verken nie."
"Natuurlik beleef 'n mens die verskriklike armoede en werkloosheid in die dorp en kinders wat rond beweeg in die strate op soek na voedsel."
"Bekoorlike dorpie, eerste keer dat ons daar oorslaap. Ons is gek oor die ou geboue!"
"’n Skoon dorp, stil, vriendelike mense en kry rus vir jou siel na ’n lang dag op die pad."