Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 9684 resensies.
"Buiten die feit dat die plattelandse dorpe, soos die res van SA heeltemal verval bv. parke en openbare besienswaardighede nie meer bestaan nie of totaal vervalle is (kyk byvoorbeeld na die toestand van die Oog by Kuruman). Museums bestaan slegs wat deur privaat persone of maatskappye bedryf word, rommel lê rond omtrent 5 km rondom munisipale rommelhope, strate verval, dorpe is vuil. Darem bly die landskap en omgewing van die Noordkaap iets besonders en bekoorlik."
"Vriendelike, plat op die aarde mense, kliëntediens is puik, daar is ontspannings geriewe. Vir natuurliefhebbers is daar veilige staproetes. Natuur is absoluut beeldskoon!"
"Noord Kaap mense sal jy ver gaan soek. Hulle is altyd vriendelik en laat jou tuis voel. Mag julle geseën word."
"Vir so lank as wat ek lewe, hou die Karoovlaktes nog altyd vir my 'n groot bekoring in. Jasfontein met sy gasvryheid is perfek geleë om daardie tipe van liefde uit te leef."
"Eerste keer in die Noord-Kaap en sal voorwaar nog duisend keer besoek! "
"Die ideale stop as jy op die langpad is. Die Plattelander Restaurant is hoogs aan te beveel vir die heerlikste kos. "
"Shame that the Moffat Mission was closed because someone broke in and vandalised it."
"Kakamas is in die middel van al die wynkelders en baie mooi omgewing."
"Heerlik geëet by Die Plattelander. Hulle porsies is baie groot, maar heerlik. Bediening puik."
"Ons het die atmosfeer van Colesberg geniet. Almal was vriendelik en behulpsaam. Al die reisigers het ontspanne voorgekom en dit lyk of die hele dorp net uit gastehuise bestaan!"
"For us it was a good place to stop and rest overnight, not really a destination."
"Springbok is 'n skoon en aangename plek. Daar is alles wat mens nodig het, maar het wel 'n regte plattelandse gevoel. "
"Dorp was skoon en netjies. Mense baie vriendelik en behulpsaam. Lekker eetplekkies. Rustig en sal graag weer terug kom. "