Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Beautiful, coastal town. Rocky coast with lots of crayfish which can be caught in the crayfish season with a permit!"
"Nie super baie om te doen vir jongmense nie, maar Hartenbos darem nie te ver nie. Pragtige area met ongerepte natuurskoon. "
"Als wat jy nodig het is naby. Stapafstand. Baie veilig gevoel as vrou-alleen wat saam met my seun op vakansie was, maar kan beslis sien dit is ‘n klein, stil gemeenskap wat ook moet omsien na ons toeriste gedurende vakansies. Maar ek verkies dit so stil en intiem. Verlief op Betties met haar berg en see."
"Pragtige vakansiedorpie om van alle spanning te ontlaai met 'n baie netjiese en skoon omgewing!!!"
"The town is set in a really beautiful area, but the facilities in the town are not all that great. "
"Arniston is nou wragtig 'n diamant op die kus van die Wes-Kaap. Ek is baie beïndruk met die vriendelikheid van die mense en netheid van die dorpie self. Jy kan sien die mense is trots op hulle dorp."
Hemel-en-Aarde Valley, Overberg
Chavonnes Farm Cottage"Ek was aangenaam verras met wat Hemel-en-Aarde vir die toeris aanbied. Ons het die wonderlikste wyne geproe, ongelooflike gasvryheid geniet en die spyskaarte was nog 'n baie aangename verrassing. Ons sal moet terugkeer om meer van die plase te verken. Hier moet 'n mens jou tyd neem en nie haastig wees nie. Ons beplan alreeds om na die hierdie stukkie hemel terug te keer en om dit verder te verken."
"Baie besig oor Desember Kersseisoen, bespreek vooraf plek as jy iets wil bywoon. "
"Struisbaai bied als wat 'n vakansieganger verlang. Sien binnekort weer!"
"As jy van die platteland hou, is dit die plek vir jou. Klein dorpies en baie vriendelike mense. Baie om te sien."
"Struisbaai was fantasties. Wind was bietjie erg, maar dit het ons nie gekeer om 'n heerlike tyd te hê nie. Kinders was veilig en kon lekker rondloop en daar is genoeg aktiwiteite om die hele gesin besig te hou. Sal definitief volgende keer vir langer gaan."
"Great travel destination for the whole family, close to the coastal towns."
"Pragtige, skoon strand. Vir die siele wat 'n rustige vakansie en werklik 'n wegbreek van die stad se gejaag soek. "
"Dis 'n pragtige, klein dorpie wat bietjie ver geleë is vanaf ander toerisme aantreklikhede. As jy nie van wind hou nie is hierdie nie die dorpie vir jou nie. Ons het egter 'n heerlike vakansie gehad afgesien van bogenoemde."