Verified Reviews
Riversdale
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Riversdale
Rated 4.2 out of 5 based on 229 reviews.
"Die mense is vriendelik en gasvry en daar is allerhande interessante doendinge."
"Die versorging en opknapping van die ou huise in die dorp, is 'n plesier om te aanskou. As boorlinge van Riversdal, maak dit ons harte baie bly. Die inwoners kan voorwaar trots wees op hulle dorp. "
"Dit was my eerste oorslaap, maar my tweede besoek aan Riversdale. Baie vriendlike mense en ek hou van die loopafstande tussen die winkels."
"Oulike dorpie, pragtige outydse geboue. Rustigheid wat 'n mens laat ontspan."
"Ons het net oornag en nie die dorp verken nie. Was wel vir inkopies by die baie lekker Spar."
"Ons het die dorp baie geniet. Die ou tronk wat in 'n koffiewinkel omskep is, was 'n heerlike belewenis. Pragtige berge met 'n pas wat prentjiemooi is, sorg vir natuurskoon soos min. Bali Trading is altyd 'n lekker stopplek en daar is iets vir almal in die gesin. Die inkopieplekke soos Spar en die Handelshuis was aangename verassings. Die dorp het alles wat ons nodig gehad het en ons sal graag weer daar tyd spandeer."
"Riversdal se mense is gasvry en vriendelik. Ons het onmiddellik tuis gevoel."
"Die dorp het 'n karakter wat mens vinnig opval. Die lewe op 'n Saterdagoggend herinner aan vervloë dae!"
"Lieflike plek, ry gewoonlik net deur op pad Kaap toe. Regtig verbaas met die rustigheid van die omgewing waar ons oorgebly het."
"Baie mooi dorpie. Ons het altyd slegs daar deurgery sonder om te besef hoe groot die dorp werklik is."