Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Citrusdal has beautiful scenery - though not much to do. A trip into the mountains to Algeria is worthwhile, and Clanwilliam was also very pleasant."
"Ek gaan al vir baie jare Lambertsbaai toe. Dit is 'n baie spesiale plek met soveel karakter!"
"Hermanus is altyd lekker, veral die "cliff walks". Sal nooit moeg raak vir hulle nie."
"Die dorpie is pragtig en stil. Die strand is aangenaam, maar o wee, mens sukkel om daar parkering te kry."
"Franschhoek is voorwaar nog 'n juweel van Suid-Afrika en word duidelik so bestuur!"
"Noordhoek is ongelooflik mooi en het daardie klein dorpie gevoel, ten spyte daarvan dat dit slegs'n halfuur se ry van die middestad af is. Die Noordhoek-strand is prentjiemooi. Die restaurante heerlik. Noordhoek is gerieflik geleë vir besoeke aan die wynlande, Kaappunt, Kirstenbosch, Houtbaai en soveel meer. Chapman's Peak is letterlik op Noordhoek se voorstoep. Ek kan nie wag om terug te gaan nie!"
"Knysna is pragtig en baie sentraal. Ons het baie rondgery en baie dinge gedoen."
"Persoonlik dink ek Parow is baie sentraal geleë, binne bereik van alles."
"'n Wonderlike, natuurskone paradys met 'n absolute rustigheid en die beste "snoek parcel" op die Weskus!"
"Kleinmond is going to be our retirement town. We just love the place. Looking to purchase property there soon. "
"Die Swartbergpas is beslis nie vir mense wat aan hoogtevrees ly nie! Ek beveel eerder die pad deur Meiringspoort aan. Die natuurskoon is asemrowend."