Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

1 Hunters Pride

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hunters Pride Nr. 1, Dinokeng Wildreservaat, Dinokeng, 1459, Gauteng
  • Vanaf R4 600 per nag (plek vir 8)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

1 Hunters Pride is in die Pride of Africa Natuurreservaat in die Dinokeng Wildreservaat geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n stylvolle vakansiehuis met wildspesies en uitstekende voëlkykgeleenthede.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers met óf 'n koninggrootte-bed óf 2 enkelbeddens, afhangend van wat versoek word. Daar is bad- en stortgeriewe in die huis, asook 'n buitestort. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is op die grondverdieping, asook 'n TV-kamer wat toegang bied tot 'n onderdakstoep met 'n etenstafel met 16 stoele waar gaste maaltye saam kan geniet. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser, tuimeldroër en wasmasjien is beskikbaar.

Op die boonste verdieping is daar 'n kuierarea met lugversorging, 'n kroeg en 'n kombuisie. Elke slaapkamer, die sitarea op die onderste verdieping en die kuierarea het 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n verhitte swembad, sonstoele en boma-area met braaigeriewe buite.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Ongelooflik

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Jackie F
Saam met vriende
5.0
Relaxing. Perfect destination for a getaway. The hospitality was fantastic. The house is beautiful, with good quality furnishings, kitc...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Lorinda D
Saam met vriende
5.0
Perfekte plek en heerlik gekuier. Eric en Lolly baie gasvry. Baie lekker gebly en gekuier. Pragtige plek.
Aug 2024
Marisa K
Saam met vriende
5.0
Fantastiese kuier. Baie gerieflik, Al's beskikbaar wat benodig is. Sal solar panele voorstel vir die toekoms. Verder was dit prentjie mooi!
Mrt 2024
Erica L
Saam met vriende
5.0
Awesome! Will definitely book again. An amazing place. The hosts are wonderful. The game drive was informative and exciting. Loved the ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Shannyn R
5.0
It was absolutely amazing. The hosts, Eric and Lolly, were friendly and accommodating. The house had everything you could think of and ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Eric & Lorraine Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 95

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Hunters Pride Nr. 1, Dinokeng Wildreservaat, Dinokeng, 1459, Gauteng
  • Gaste dink 1 Hunters Pride het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 4 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hunters Pride Nr. 1, Dinokeng Wildreservaat, Dinokeng, 1459, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa36440d81eefbe7b727ad3f14f455e1c50950efc1b0edcc54f18151ae054020eb77973e607e3498dff47b9e440134d8df7ec?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 600 per nag (plek vir 8) 13 5 1 5 No 1 Hunters Pride Dinokeng Game Reserve 1459 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.4009693 28.307056

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang