113 Zwartkloof Private Game Reserve
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Zwartkloof Privaat Wildreservaat 113, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R3 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
113 Zwartkloof Private Game Reserve bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n vierslaapkamerhuis met 'n pragtige uitsig. Die huis is in die Zwartkloof Privaat Wildreservaat, 13 km buite Bela-Bela, en is die ideale plek vir 'n rustige wegbreek.
Die dubbelverdiepinghuis het slaapplek aan 8 gaste in 4 slaapkamers, waarvan 1 'n woonstel is. Daar is 3 slaapkamers met 'n dubbelbed elk en een slaapkamer met 'n stapelbed. Die huis het 3 badkamers met storte en 1 badkamer met 'n bad.
Daar is 'n oopplan-kombuis en -eetarea wat na 'n groot balkon met 'n lieflike uitsig lei. Die aparte leefarea is ideaal as ruimte vir kinders of net as ontspanningskamer. Daar is DStv. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas, oond, stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n mikrogolf.
Die huis het 'n pooltafel, 'n tafeltennistafel en veerpyltjiebord vir gaste se vermaak. Daar is ook 'n tennisbaan langs die gemeenskaplike swembad. Braaigeriewe is ingebou en daar is ook 'n gasbraai. Daar is 3 motorhuise vir veilige parkeerplek. Daar is 'n gemeenskaplike swembad met braaigeriewe en 'n speelarea vir kinders. Wildritte kan teen ekstra koste gereël word. Wildritte op Saterdae sluit 'n kans in om te sien hoe die leeus gevoer word asook 'n uitstappie na die renosterkamp.
Gaste kan rus en vrede in die bos kom geniet en sien hoe diere rondwandel. Gaste sal kameelperde, sebras, wildebeeste, blesbokke, buffels en 'n verskeidenheid bokke sien. Hier kan jy op die balkon ontspan en na die natuurgeluide luister.
Die huis se ligging bied ook toegang tot gholfbane, restaurante, kroeë en kunsvlytwinkels in die area.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Martin Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Zwartkloof Privaat Wildreservaat 113, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink 113 Zwartkloof Private Game Reserve het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Zwartkloof Privaat Wildreservaat 113, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang