Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

37 on Charles

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Justice Mahomed-straat 37, Bailey's Muckleneuk, 0181, Gauteng
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Welkom by 37 On Charles! Ons is ideaal geleë vir gaste wat Pretoria besoek. Ons is halfpad tussen die middestad van Pretoria en Menlyn in Justice Mahomed Straat (voorheen bekend as Charles-straat) in die pragtige Bailey's Muckleneuk. Ontspan en verfris in ons rustige en vreedsame ligging, of jy nou hier is vir sake of plesier.

Elke kamer het 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer en privaat ingang. Ander geriewe: platskerm-TV met DStv-Hotelpakket, WiFi, mikrogolfoond, groot of klein yskas en koffie- en teemaakgeriewe met filterkoffie. Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Ontbyt is opsioneel.

'n Gemeenskaplike swembad en braaigeriewe is beskikbaar vir jou gebruik en jy is welkom om bietjie te rus in ons lieflike tuin.

Ons is binne 'n 1 km radius vanaf die volgende bestemmings: Universiteit van Pretoria, Loftus, Brooklyn Mall, SABS, Little Company of Mary Hospital, Jakaranda Hospitaal, USAID se hoofkantoor, SARS en verskeie ambassades. UNISA en die Zuid-Afrikaanse Hospitaal is ongeveer 2 km ver en ons is 5 km vanaf Hillcrest Swembad en LC de Villiers se sportkompleks.

Pretoria se middestad is net 10 minute se ry ver en ons het maklike toegang tot die N1, N4, R21 na O.R Tambo Lughawe en die Ben Schoeman-hoofweg. Ons is op die Gautrein-busroete en die naaste halte is net 200 m ver wat dit die ideale plek maak vir gaste wat die Gautrein gebruik.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 175 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Paul E
Saam met lewensmaat
5.0
Uit die boeke uit. Bladsy 14 en 15. Dis min dat jy soveel aandag aan die klein goedjies teekom soos 'n klein skertjie vir daai koffie sakkie wat nie w...
Sien meer
Nov 2024
Douw S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker atmosfeer en lekker geslaap. Alles was mooi skoon en netjies. Met vriendelikheid ontvang en was ons aangenaam verras met ontvangs. Het ons...
Sien meer
Okt 2024
Elize O
Saam met vriende
5.0
Heerlike oornaggeriewe. Vriendelike ontvangs in netjiese, grieflike kamers. Veilige parkering.
Okt 2024
Colette H
Gesin met tieners
5.0
Definitief 'n moet vir 'early risers'. Pragtige en gerieflike akkommodasie, baie goed geleë naby aan Magnolia Dal. Oggende begin reeds vroeg, so dalk ...
Sien meer
Sep 2024
Anton P
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik heerlik. Heerlik gebly, was 1.5 km van Loftus af.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Erika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 175

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Justice Mahomed-straat 37, Bailey's Muckleneuk, 0181, Gauteng
  • Gaste dink 37 on Charles het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Justice Mahomed-straat 37, Bailey's Muckleneuk, 0181, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMwNGNmOGIyLTM4YzMtNDAxOC1iNTJlLTA5MjIwMTkzOWM4OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 175 5 1 5 37 Justice Mahomed Street Bailey's Muckleneuk 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -25.764402134744 28.224340975285

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang