603 Oyster Rock
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lighthouse-weg, Oyster Rock, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 050 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
603 Oyster Rock bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n veilige kompleks in die hartjie van Umhlanga. Dit is 'n ideale opsie vir 'n kuswegbreek aangesien hierdie woonstel panoramiese see-uitsigte het.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Albei badkamers is en suite en toegerus met 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van hierdie kombuis af lei 'n eetarea en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie leefarea maak oop op 'n balkon met sitplek en 'n gasbraai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om 'n skemerkelkie te geniet terwyl hulle die uitsigte bewonder. Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek in die kompleks. Die ligging van hierdie eiendom is stapafstand vanaf plaaslike winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Martin Geverifieer
Eiendomme 74
Resensies 139
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Lighthouse-weg, Oyster Rock, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lighthouse-weg, Oyster Rock, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang