63 Slakkepas Self Catering
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, Slakkepas, Dwarsksbos, 7365, Wes-Kaap
- Vanaf R1 375 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
63 Slakkepas Self Catering is in Dwarskersbos en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende. Dis is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.
Dié grasdak vakansiehuis beskik oor 3 slaapkamers en is geskik vir 6 gaste. Die eerste 2 slaapkamers is op die grondverdieping. Een van dié slaapkamers het 'n dubbelbed en die ander slaapkamer het 'n stapelbed. Elke kamer het ingeboude kaste en die aparte badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer is in die solder-area en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Beddegoed word voorsien, gaste moet net hul eie handdoeke saambring.
Die kombuis is met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.
Die sitkamer het gemaklike banke en 'n slim-TV. Verder is daar 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste hul etes saam kan geniet. WiFi is beskikbaar.
Braaigeriewe is beskikbaar en die boonste kamer lei na 'n dek.
Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.
Neem kennis geen troeteldiere word toegelaat nie.
Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike swembad en 'n speletjieskamer met 'n pooltafel, tafeltennis en tafelsokker.
Slakkepas is naby winkels en die see. Dwarskersbos is net 12 km vanaf Velddrif wat 'n rits restaurante, museums en winkels het.
Daar is verskeie doendinge in die area soos 4x4-ry, voetslaan, wynproe en die Weskus se blomme kyk. Die flaminke en die Rocherpan Natuurreservaat is net 10 km vanaf Dwarskersbos.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Spa-bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Sam Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 29
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Hoofweg, Slakkepas, Dwarsksbos, 7365, Wes-Kaap
- Gaste dink 63 Slakkepas Self Catering het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dwarskersbos Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, Slakkepas, Dwarsksbos, 7365, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang