Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Aandblom Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thompsonstraat 28, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Aandblom Guesthouse skuil in Beaufort-Wes, 'n area wat bekendstaan as die hoofstad van die Karoo in die Wes-Kaap. Dié omgewing spog met pragtige weer regdeur die hele jaar. Dit is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n wegbreek van die stad af.

Verblyf word in 2 eenhede gebied, naamlik Die Wingerd en Die Boord.

Die Wingerd-kamer het 'n oopplan-slaaparea met 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Die badkamer het 'n bad en stort.

Die Boord beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n wasbak, toilet en 'n stort.

Elke eenheid het ook 'n yskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe. Die gastehuis spog ook met 'n kaggel en 'n swembad. Gratis WiFi, 'n TV met die volle DStv-pakket, braaigeriewe en veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Beaufort-Wes is 'n historiese halfwegstop in die Wes-Kaap vir eko-toeriste. Dit staan ook bekend as die "hoofstad van die Karoo" en is die oudste en grootste dorp in die Groot-Karoo. Dit spog met besienswaardighede uit die Steentydperk, rotstekeninge, dinosourusfossiele en verskeie argitektoniese invloede.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 224 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Pieter D
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies & veilige parkering. Ons het baie lekker gebly. Dit is baie skoon en netjies. Veilige parkering.
Nov 2024
Lieze S
5.0
Waarde vir geld. Na 'n lang reis was dit so lekker om in so oulike plekkie te bly. Het so lekker geslaap.
Okt 2024
Edwina A
5.0
Comfortable. It was very comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Chantel K
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte troeteldier vriendelike plekkie. Was 'n perfekte oornag vir ons kuier in die Vrystaat. Ons hondekinders kon saamgaan, so baie lekker.
Okt 2024
Shenley G
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely fabulous. Very comfortable, lovely cottage. Couldn't ask for more for a short stay. Thank you.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Selme-Louise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 224

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Thompsonstraat 28, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Aandblom Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thompsonstraat 28, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJlYmExNjM0LTQwYmQtNDEzNy05YTliLTYwNmVhMmViOWY5Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 224 5 1 5 28 Thompson Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -32.358548574379 22.596256434918

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang