Adama Artistic Chalets & Teepees
- Kapasiteit: 32 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tarentaalstraat 18, Dinokeng Wildreservaat, Dinokeng, 0400, Gauteng
- Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Adama Artistic Chalets & Teepees is in die hartjie van die bosveld, in die Dinokeng Wildreservaat, slegs 40 km van Pretoria af, geleë. Dit is die ideale plek vir 'n naweekwegbreek, weg van die besige stadslewe.
Adama bied verblyf in 6 individueel versierde chalets en 2 Teepee-tente, omring deur ongerepte bosveld en wild wat vrylik rondbeweeg.
Al die eenhede het goed toegeruste kombuise met handgemaakte breekware en meubels. Die Kingfisher- en Hoopoo-chalets is met hooibale, klei en gras gebou. Plover en Bushbaby is met baksteen- en sinkdakke gebou en het rietplafonne aan die binnekant.
Elke chalet het 'n privaat opelug-boma, waar gaste om die vuur kan sit en braai, terwyl hulle na die jakkals se roep in die verte luister.
Elke Teepee-tent met 'n Indiese styl het 'n privaat boma, 'n ten volle toegeruste kombuis, 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak, 'n onderdakstoep, 'n waaier, verwarmer en 'n donsveer-duvet.
Die lodge het 'n gemeenskaplike swembad, wat 'n kort entjie se ry vanaf die chalets is. Daar is 'n selfry-roete van ongeveer 140 km, wat geskik is vir sedan-voertuie. Daar is ook 'n roete van 'n ekstra 23 km, wat geskik is vir voertuie met 'n hoë grondvryhoogte en 4x4's.
Let asb. dat die eenhede in die reservaat nie omhein is nie. Gaste moet bewus wees van hul omgewing en mag nie in die bos gaan stap nie. Indien gaste klein kinders het, moet hulle te alle tye onder volwasse toesig wees. Geen honde word in die reservaat toegelaat nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Nick Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 191
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Tarentaalstraat 18, Dinokeng Wildreservaat, Dinokeng, 0400, Gauteng
- Gaste dink Adama Artistic Chalets & Teepees het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Gauteng
- Kapasiteit: 32 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tarentaalstraat 18, Dinokeng Wildreservaat, Dinokeng, 0400, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang