Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ahoy Farmhouse 1

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Augustinestraat 60, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 800 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Ahoy Farmhouse 1 is in die sonderlinge vissersdorpie, Paternoster, aan die Weskus geleë. Hierdie plaashuis is op 'n groot, stil eiendom met 4 ander eenhede geleë. Die huis is ideaal vir 'n gesinswegbreek of vakansie saam met 'n groep vriende.

Verblyf word in 5 slaapkamers gebied en daar is slaapplek vir 10 gaste, insluitend kinders van alle ouderdomme. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met 'n stort, en die derde kamer het 2 enkelbeddens met 'n aparte badkamer met 'n stort. Die vierde en vyfde slaapkamers het 4 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Let asb. dat daar trappe is wat na die vyfde slaapkamer lei.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Die oopplan-leefarea bied 'n eetkamertafel, gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Tee, koffie, suiker, olyfolie, sout en peper word voorsien.

Buite is daar 'n ingeboude, privaat braai-area onder die bome in die gaste se eie tuin wat 'n uitsig oor Paternoster het. Gaste moet asb. hul eie braaihout en vuuraanstekers saambring.

WiFi is beskikbaar.

Die ou opgaardam is in 'n gemeenskaplike swembad omskep en is slegs beskikbaar vir gebruik deur gaste wat in die 5 huise op die perseel bly. Let wel dat die swembad nie omhein is nie en nie 'n veiligheidsnet op het nie.

Paternoster is ’n gewilde toeristebestemming vir diegene wat hou van die Mediterreense atmosfeer, wat gekenmerk word aan hemelsblou waters, witgekalkte kothuise, tradisionele vissermans-argitektuur en witsand-strande wat eindeloos strek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Elsia F
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gekuier. Baie sentraal. Baie ruim en netjies.
Mrt 2024
Denise C
Saam met vriende
4.8
Great place - Ahoy and Paternoster. The house was as advertised. Plenty of space and everything was clean. The only downside was that r...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Yulanda S
Gesin met tieners
4.8
Comfortable. Hi, very pleasant, spacious.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Sandra F
Saam met lewensmaat
4.8
Heerlik gekuier, Camilla het gereeld gehoor of ons nog tevrede is. Sal beslis weer by Ahoy boek! Ahoy is lekker naby alles geleë, die perseel is mooi ...
Sien meer
Mei 2023
Yumei S
Saam met vriende
4.8
Rooms are simple but clean. Required times for check in after 2pm, check-out at 10 am are not convenient at all. But manager Camilla wa...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Camilla Geverifieer

Eiendomme 10

Resensies 337

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • St Augustinestraat 60, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ahoy Farmhouse 1 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 800
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R 4 800
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Augustinestraat 60, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUyM2U1YTdhLWNlN2UtNDI2YS1iYjNmLTc5N2Q2NWFiMWMxNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 800 per nag, vir 10 mense 26 5 1 5 60 St Augustine Road Paternoster 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.810267003693 17.893808931112

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang