Allie's Place
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marais-straat 173, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Allie's Place is 'n eklektiese vakansiehuis wat spog met panoramiese see-uitsigte in die hartjie van Franskraal, Gansbaai. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek aan die kus van die Overbergstreek aangesien hierdie eiendom stapafstand van die strand af is.
Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 12 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en het 'n en- suite-stort en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Nog 'n stort is beskikbaar in die vierde badkamer en daar is 2 stapelbeddens in die leefarea.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vanuit hierdie kombuis lei 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar in die huis.
Boonop is daar 'n binnenshuise vermaakruimte met 'n pooltafel, 'n groot boekrak en 'n sitarea met 'n tweede TV. Die voorkant van die huis het 'n houtdek met 'n buite-etenstafel en is 'n wonderlike plek vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie terwyl jy oor die see uitkyk.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Sanmarie Geverifieer
Eiendomme 28
Resensies 48
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Marais-straat 173, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Franskraal Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marais-straat 173, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang