Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Anchor Bay 3

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Millerweg en Sir Lowryweg, Anchor Bay-kompleks, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 125 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Anchor Bay 3 is 'n luukse selfsorgwoonstel in die veilige Anchor Bay-gebou in Gordonsbaai, minder as 100 m vanaf Gordonsbaai se hoofstrand. Die Anchor Bay-gebou is naby verskeie winkels, restaurante en 'n wassery.

Dié woonstel is ideaal vir 'n gesin met kinders en het slaapplek vir 5 gaste. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede kamer het 'n dubbelbed. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n elektriese stoof, gasstofie, skottelgoedwasser, wasmasjien, mikrogolf, broodrooster, 'n toebroodjierooster, yskas-vrieskas, ketel en strykyster toegerus. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met 'n DVD- en Rokumedia-speler wat Netflix kan stroom. WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n beskutte sonkamer en balkon met 'n tafel, stoele en 'n dagbed.

Die Anchor Bay-gebou bied veilige kelderparkeerplek vir 'n voertuig, 'n gemeenskaplike gimnasium, -swembad en -braai-area.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

1

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Baie goed

Netheid
5.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
3.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Noelene Geverifieer

Eiendomme 16

Resensies 16

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Hoek van Millerweg en Sir Lowryweg, Anchor Bay-kompleks, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Anchor Bay 3 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 125
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R 2 125
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Millerweg en Sir Lowryweg, Anchor Bay-kompleks, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA99AOgHyLFzwxTdepGMp6GhcRQL90Z1s9WBxl6IQDBLT0GEpLxv?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 125 per nag (plek vir 5) 2 5 1 4 Corner of Miller Road and Sir Lowry Road Anchor Bay complex 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.157411 18.868845

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang