Anemoi on Route 44
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-weg 1080, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Anemoi on Route 44 is 'n ruim dubbelverdiepinghuis in Pringlebaai. Die hoofstrand en strandmeer van die Buffelsrivier is 900 m weg wat dit ideaal maak vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n kuswegbreek. Anemoi is in die Kogelberg Biosfeer, een van die Wes-Kaap se juwele.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n groot kombuis, asook 'n vermaak- en leefarea op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n tripelstapelbank (waarop 3 gaste kan slaap) en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n gastetoilet op die boonste verdieping.
Die ruim boonste verdieping het 'n oopplan-kombuis met 'n yskas, gasstoof, mikrogolf, broodrooster, elektriese braaipan, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n binnebraai en 'n ontbythoekie. Die ingeboude buffet is naby die kombuis en langs die eetkamertafel.
Die leefarea het 'n etenstafel vir 8, rusbanke, 'n smeulstofie en 'n binnebraai. Daar is ook 'n platskerm-TV met 'n MiBox en gratis WiFi is beskikbaar. Die kombuis lei na die boonste stoep en sitarea met 'n Weber-braai en bankies vir maaltye met 'n uitsig.
Die huis het 'n pooltafel en speletjies, soos skaak, dambord, roulette, 'n klein sokkertafel, en verskeie kaartspeletjies, bv. Uno en Trumps. Gaste kan ook gebruik maak van 'n kano en roeiski op die rivierstrandmeer. Buite is daar 'n swembad en trampolien en gaste kan hul baaibroeke en handdoeke op die wasgoedlyn hang of die buitestort gebruik om die see en sand af te was.
Daar is 'n muur om die perseel en toegang is via 'n elektriese hek beskikbaar. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die huis het 'n opsigterswoonstel op die perseel wat geskerm is van die tuin en die huisingang. Respekteer asb. privaat areas langs en agter die huis.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Tripelstapelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Tripelstapelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Lorna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- George-weg 1080, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Gaste dink Anemoi on Route 44 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Pringlebaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-weg 1080, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang