Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Arendsnest

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jurie Kotze-straat 21, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 1 mens

Beskrywing

Arendsnest bied gerieflike verblyf in 'n rustige omgewing teen 'n koppie in Springbok.

Arendsnest bied verblyf in 6 eenhede.

Visarend het slaapplek vir 1 persoon, Kroonarend het slaapplek vir 3 volwassenes of 'n gesin wat uit 2 volwassenes en 2 kinders bestaan. Witkruisarend, Silwerarend en Bateleur het elk slaapplek vir 2 volwassenes. Elke eenheid het 'n privaat badkamer, 'n kombuis met 'n mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe.

Goue Arend het 2 slaapkamers met 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Daar is ook 'n enkelbed in die leefarea. Die eenheid het 'n volledige en suite-badkamer.

Gaste het toegang tot die gemeenskaplike braai-area. Draagbare braaigeriewe is beskikbaar indien daar vooraf gereël word.

Gedurende die blommeseisoen is die hele koppie agter Arendsnest oortrek met pragtige veldblomme en gaste kan heerlik gaan stap en bergfietsry. Die Goegap Natuurreservaat met sy 4x4- en bergfietsroetes is net 11 km van hier af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 173 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.6
Veiligheid
4.1
Gaste se hoogtepunte
Carien C
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker geslaap, netjies en skoon. Baie netjies en rustig.
Sep 2024
Esmoral K
Saam met vriende
5.0
Excellent. Baie vriendelike gasvrou en 'n netjiese plek. Sal beslis weer daar gaan bly.
Sep 2024
Susan V
Saam met vriende
5.0
Pragtige plek met netjiese en smaakvolle geriewe. Vreeslik lekker gebly.
Aug 2024
Nollie P
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly en mooi omgewing. Ligging perfek en skoon en netjies.
Aug 2024
Liezel H
5.0
Lekker geslaap! Heerlik gebly. Dis 'n fantastiese oorslaapplek. Ons is vriendelik deur die eienaar ontvang.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Andrinette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 173

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Jurie Kotze-straat 21, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Gaste dink Arendsnest het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 1 mens
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jurie Kotze-straat 21, Springbok, 8240, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4a51a2bd944f37a2d7bb7526832adda68442a7acf643f99fb053906466626c5a173c6bd8eead6eca0f577bc3a1d1a0df9fe5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 1 mens 173 5 1 5 21 Jurie Kotze Street Springbok 8240 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -29.67608449767 17.886494923005

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang