Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Astove 6

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Konrad-rylaan 2, Astove 6, Beacon Rocks, 4270, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Astove 6 is 'n selfsorgwoonstel vir 5 gaste in Beacon Rocks, oorkant die straat van die see af.

Die woonstel is op die tweede verdieping en bied toegang tot 'n balkon met 'n 180°-uitsig oor die see. Dit is klein maar gerieflik en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -sitarea.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n stapelbed wat 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo bestaan uit. Die aparte badkamer het 'n stort-oor-bad en 'n toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strand- en badhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en maaltye kan by die toonbank geniet word.

Die sitarea het 'n TV met DStv Premium en bied toegang tot 'n balkon met meubels en 'n gasbraai. Die kompleks bied ook gemeenskaplike braaigeriewe.

Let asb. dat die woonstel met trappe bereik word en dat die kompleks nie 'n hysbak het nie. Parkeerplek is beskikbaar in 'n motorhuis en daar is ook ekstra onderdakparkeerplek.

Astove 6 is net 750 van Manabastrand en 900 m van Uvongo se strand af. Die area bied verskeie restaurante, koffiewinkels en ander winkels, asook doendinge soos duik, swem, branderplankry, hengel en gholfspeel. Gaste kan besienswaardighede soos die Margate Voëlpark besoek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Tripelstapelbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 32 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Jackie T
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome! Dit was 'n fantastiese vakansie gewees. Ons sal definitief weer kom kuier.
Jun 2024
Cecelia H
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker vakansie. Baie rustige area met 'n mooi uitsig. Baie veilig en netjies.
Apr 2024
Joyce G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam sal beslis weer soontoe gaan. Dit is voorwaar 'n aangename verblyf en die diens is baie vriendelik en voortreflik. Jy voel ook deurgaan...
Sien meer
Feb 2024
Corne M
5.0
Heerlik gekuier, sal hopelik gou kan terug wees. Pragtige skoon plek met alles wat 'n mens nodig het vir 'n see-vakansie (die DSTV Premium was 'n groo...
Sien meer
Feb 2024
Ophelia S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Dit was baie lekker om daar te bly, ons het dit baie geniet. Sal vir seker weer daar wil gaan bly as ons weer see toe gaan. Baie, baie da...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 32

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Konrad-rylaan 2, Astove 6, Beacon Rocks, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Astove 6 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Konrad-rylaan 2, Astove 6, Beacon Rocks, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf3ca460f9bc0be5f523a97740b9ed3bdb1ce4abd82e70950af66f3854ebd060a665e1210c060cc3ee1286b5acfc31f33b866?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 5) 32 5 1 5 2 Konrad Drive Astove 6 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.843190285051 30.391683876515

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang