Blaize & Golf
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Maranaterylaan 24, Mosselbaai Gholflandgoed, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Blaize & Golf is 'n selfsorgwoonstel op die Mosselbaai Gholflandgoed. Dié landgoed spog met 72 putjies en 'n see-uitsig by elke afslaanpunt.
Gaste kan op die landgoed ontspan, die klubhuis besoek, 'n potjie gholf speel of die wêreld beroemde St. Blaize-roete, al langs die kus, stap. Die landgoed is enige natuurliefhebber se droom, met al die voëllewe, klein bokkies, fynbos, die natuurreservaat, die klanke van die Indiese Oseaan en die pragtige sonsondergange. Die hoë sekuriteit verskaf ook gemoedsrus.
Dié woonstel is apart van die hoofhuis en het sy eie privaat ingang en tuinarea met buitemeubels. 'n See-uitsig en ligte area skep 'n lekker atmosfeer. Die ruim woonstel het luukse afwerkings en dekor en bied slaapplek aan tot 4 gaste. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 en suite-badkamers en 'n oopplan-eetarea en leefarea met 'n binne- en buitebraai. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n Persiese mat, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, 'n spieëltafel en 'n sitarea. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, 'n Persiese mat, kasspasie, 'n laaikas en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolf, ketel, yskas en 'n klein skottelgoedwasser toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n binnebraai. Daar is 'n buitebraai ook. Die sitarea het 'n platskerm-TV met DStv. Vinnige 100. Vinnige WiFi word voorsien en daar is veilige parkeerplek.
Die verblyf word deur sonkrag aangedryf.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Jean Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Maranaterylaan 24, Mosselbaai Gholflandgoed, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Gaste dink Blaize & Golf het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mosselbaai Gholflandgoed Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Maranaterylaan 24, Mosselbaai Gholflandgoed, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang