Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Braeview Guesthouse

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sunnybraesingel 2, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Braeview Guesthouse nooi gaste uit om in die walvis-hoofdorp te kom kuier. Dit is net 10 minute se stap van die New Harbour af vanwaar die walviskykbote vertrek. Dié elegante gastehuis is lekker naby die hawe in die ou buitewyk van Hermanus, Westcliff, met oop ruimtes en parke. Braeview is net 150 m van die gewilde kranspaadjies af waar besoekers die walvisse sommer van naby kan dophou.

Braeview bied 2 luukse selfsorg-eenhede (of B&B op versoek) met 'n rustige en ontspanne atmosfeer.

Sunbird-suite spog met elegante meubels en binnenshuise versiering. Die eenheid bied slaapplek vir 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers met 'n stort en bad, sitkamer, volledig toegeruste kombuis, pragtige tuin en stoep met braaigeriewe.

Die Stone Cottage is ruim, sonnig en smaakvol. Die kothuis is apart van die Sunbird-suite en bestaan uit 1 groot kamer met 'n en-suite badkamer en kombuisie en is volledig toegerus om slaapplek aan 4 gaste te verskaf. Die kothuis het ook sy eie privaat stoep en braaigeriewe wat lei na die tuin.

Braeview is kindervriendelik en sekere DStv-kanale is beskikbaar. Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.

Hoewel Braeview ver genoeg van die besige sakakern af is, is dit net stapafstand van die restaurante en winkels af. 'n Kort stappie langs die kranspaadjie is dalk al wat staan tussen jou en 'n blik op walvisse en hul kroos wat in die diepblou baai baljaar. Blouvlagstrande, getypoele en Hermanus se pragtige gholfbaan is net 'n paar minute se ry van ons af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.2
Gaste se hoogtepunte
Morne L
5.0
Heerlik gerieflik en snoesig. Vreeslik lekker gebly! Ons was drie paartjies wat die hoof huis gedeel het (elke paartjie in hul eie kamer) en drie tien...
Sien meer
Jun 2024
Corlette N
Saam met vriende
5.0
Buitengewoon, fantasties. Dit was buitengewoon netjies en gerieflik. Die tuin is pragtig en so mooi versorg. Vriendelike, gasvrye ontvang. Dit is sowa...
Sien meer
Apr 2024
Pieter K
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte ligging en rustige atmosfeer. Uitmuntende verblyf, 'n absolute juweel!
Mrt 2024
Hercules D
Saam met vriende
4.8
Net oorgeslaap. Baie lekker - gasvryheid bo!
Okt 2024
Anna B
Saam met vriende
4.8
Cute accommodation close to town! Friendly host. The cottage house was cosy and clean, and the host was super communicative. They provi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Catherina Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 86

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Sunnybraesingel 2, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Braeview Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sunnybraesingel 2, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMyMzkwYTgzLWYxYmEtNGQxNC05YzY4LTA3NTFlN2U2YzJkZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense 31 5 1 5 2 Sunnybrae Crescent Westcliff 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.429220173484 19.225026987375

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang