Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Brandrivier

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brandrivier Plaas, 30 km vanaf Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Brandrivier is op 'n privaat plaas sowat 30 km vanaf Springbok op die N7 geleë. Verblyf word in selfsorgtente in die hart van Namakwaland aangebied.

Daar is 3 unieke tente wat elk slaapplek vir 2 tot 4 gaste het. Dié tente het elk 'n koningingrootte-bed en/of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Elke tent se kombuisarea is met basiese kookgerei toegerus. Al die eenhede het ook stoepe met gasbraaigeriewe.

Die bestuurders voorsien sonkrag om elektroniese toestelle soos selfone en skootrekenaars te laai, gasverwarmers vir die winter en veldgidse met kennis oor Namakwaland se blomme. Beurtkrag affekteer nie hierdie verblyf nie, want dit is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk.

Die plaas huisves ook springbokke, klipspringers, bobbejane, ystervarke en bakoorjakkalse. Die geluid van die Kaapse ooruil of skuuruil kan dikwels gehoor word.

Gedurende die veldblomseisoen (van Junie tot September) kan 'n groot verskeidenheid blomme op die plaas en in die nabye omgewing gesien word. Ander interessante plante op die plaas is die kokerboom en die botterboom.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 119 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Ansie R
Saam met lewensmaat
5.0
Karoo glamping! Dit was nou lekker. Glamping in die middel van die Karoo. Dit is pikdonker en doodstil in die nag. Net wat ons nodig gehad het. Die te...
Sien meer
Sep 2024
Helen J
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis weer teruggaan. Stil, rustig en skoon lug.
Sep 2024
Christo P
Saam met vriende
5.0
Wonderlike tydjie op julle plaas spandeer. Jammer dit was so kort. Baie gasvry ontvang. Was 'n voorreg om op die plaas in die goed toegeruste eenheid ...
Sien meer
Sep 2024
Louis B
Saam met lewensmaat
5.0
Besondere natuurskoon, rustig en net iets anders. Hierdie is 'n ongelooflike plek! Hoogs aan te beveel!
Aug 2024
Paul F
Saam met lewensmaat
5.0
Magic days in Namaqua. Glamping with a big G! Wonderful setting amidst flowers and nature. Wonderful and helpful hosts. Nice food and m...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Erika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 119

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Brandrivier Plaas, 30 km vanaf Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Gaste dink Brandrivier het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Namakwaland Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brandrivier Plaas, 30 km vanaf Springbok, 8240, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfc1e8bd7a0f52ecd3b7ad2c32280c291f46a98f0c0eec46e9ff502d545a662b0245f06ea4c1f4ea4c272aba48732fb12fa61?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 119 5 1 5 Farm Brandrivier 30 km from Springbok 8240 Noord-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -29.910041553411 17.864580553147

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang