Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

C on Main

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 25, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

C on Main is 'n bekoorlike eenheid in Yzerfontein op dieselfde erf waar die eienaars woon, stapafstand vanaf die hoofstrand, verskeie restaurante en 'n winkelsentrum. Dit is ideaal vir oornagverblyf.

Die eenslaapkamer-eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed, 'n TV met Netflix, kaste en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Let asb. dat daar geen braai-, kook- of warmmaakgeriewe is nie. Gaste het toegang tot gratis WiFi en 'n batterykragstelsel wat die ligte aanhou en elektroniese toerusting tydens kragonderbrekings laai.

Die eenheid het 'n klein stoep met sitplek waar gaste 'n koppie koffie of 'n skemerkelkie kan drink terwyl hulle na die golwe se gedruis in die agtergrond luister en die gedeeltelike see-uitsig bewonder.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jonelia V
Saam met vriende
5.0
Uitsonderlike gasvryheid en diens! Die gasvryheid en diens was uitsonderlik! Ons het baie lekker gebly, en was naby aan alles wat ons benodig het. Ste...
Sien meer
Nov 2024
Lisa F
Saam met lewensmaat
5.0
C on Main was kos vir die siel en 'n perfekte geleentheid om te herlaai. Ons het heerlik gekuier by C on Main. Die fyn besonderhede in die dekor en it...
Sien meer
Nov 2024
Johan D
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n droom kuiertjie. Gasvrou en plekkie uitstekend. Die gasvrou het ons vriendelik ontvang, baie hulpvaardig. Die plekkie is baie netjies, skoo...
Sien meer
Nov 2024
Summer M
Saam met lewensmaat
5.0
Calm and peaceful. Amazing experience, clean and comfortable. Left very happy!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Anneline N
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike naweek. Dit was huis weg van die huis. Fantastiese plekkie. Netjies, gerieflik, alles wat jy nodig het en 'n uitstekende gasvrou.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Christine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Hoofstraat 25, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink C on Main het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 25, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA516e1f6ce4c0e834329684c1e401f8f1eb56d766baff4f6c44e599ed05350e11d0f5ebd0c17515eb185f237e7ddbb6fa5f27?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 36 5 1 5 25 Main Road Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.345146220325 18.159004458266

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang