Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Casa Sirena

Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Des 2024 tot 15 Des 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fisherman's Singel, Langezandt Fisherman’s Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 850 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Casa Sirena is op die bekende Langezandt Fisherman’s Village-landgoed in Struisbaai geleë. Dié landgoed is veral vir sy tradisionele vissershuisies bekend. Die opgeknapte strandhuis is net 'n paar minute se stap vanaf die promenade wat na 'n uitstekende sandstrand lei en dis ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n Overberg-kuswegbreek.

Die huis is geskik vir 8 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 6 slaapkamers en 5 badkamers.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, ondervloerse verhitting, Franse deure wat na die tuin en swembad lei en 'n groot en suite-badkamer met 'n oop stort. Die tweede slaapkamer is 'n kinderkamer en het 'n enkelbed, uittrekbed en 'n oopplan-badkamer met 'n bad. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer is 'n oop solderkamer met 'n koningingrootte-bed en dié gaste het toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort op die onderste verdieping. Die vyfde en sesde slaapkamer het 'n skakeldeur. Die vyfde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en die sesde slaapkamer is ook 'n kinderkamer en het 'n enkelbed en 'n uittrekbed.

Die oopplan-kombuis is met 'n skottelgoedwasser, mikrogolfoond, Smeg-oond, stoof en 'n aparte opwasarea met 'n wasmasjien toegerus. Daar is ook 'n etenstafel vir 8 en nog tafels en stoele vir ekstra sitplek. Die sitarea en eetarea het plafonwaaiers vir die somer en 'n kaggel vir die winter.

Die dubbelmotorhuis is omskep in 'n speletjieskamer met 'n pooltafel, veerpyltjiebord en 'n ekstra yskas vir drankies. Gaste kan ook die gimnasiumtoerusting insluitend 'n trapmeule en oefenfiets gebruik.

Die huis het 'n kragomsetter wat tydens beurtkrag inskop. Gratis WiFi is beskikbaar om gunsteling-programme op die slim-TV te kyk. Die oopplan-kombuis en -eetarea lei na 'n beskutte tuin, swembad en onderdakbraai-area.

Die huis spog ook met 'n biblioteek en 'n speletjiesarea op die boonste verdieping, genoeg parkeerplek vir voertuie of vir 'n boot, en 'n aparte visskoonmaakarea.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 6 Slaapkamers 5 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Kindermatras vir 1

1 x Kinderbed vir 1

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Kindermatras vir 1

1 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Hestelle P
Gesin met klein kinders
5.0
Relaxed, spacious and beautiful! 'n Lieflike huis, baie ruim en toegerus!
Jul 2024
Van Niekerk J
5.0
A wonderful and beautiful experience! The home is perfect for families with young kids. The home is extremely beautiful and provides nu...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Mynie S
Saam met vriende
5.0
Our weekend getaway weathered a storm, but our host's kindness and extra nights made it a memorable adventure with friends and family. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023
Tharina B
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderlik en mooi! Was wonderlik, mooi en gerieflik.
Aug 2023
Anja D
Gesin met klein kinders
4.8
Fantastic! A beautiful house with outstanding amenities for adults and kids alike, irrespective of the weather. The hosts were most wel...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Andrea Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Fisherman's Singel, Langezandt Fisherman’s Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Casa Sirena het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 6 850
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R 6 850
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fisherman's Singel, Langezandt Fisherman’s Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAadaee1a996230789722862233132ec6ce748b3aca289f4251ec2acb5d8e56d59b67288f20e8deeeec39d68ab490f549d8cba?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 850 per nag (plek vir 12) 11 5 1 5 Fisherman's Close Langezandt Fisherman’s Village 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.788135770622 20.044462298931

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang