Cederberg Bunkhouse
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 17 Pakhuys Plaas, Langs die R364, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Cederberg Bunkhouse bied gerieflike verblyf in 'n opgeknapte stal op 'n rooibosplaas wat aan die Cederberg Bergreservaat grens. Hierdie reservaat is wêreldbekend vir sy vryrotsklim-geleenthede, oftewel 'bouldering'. Die gastewoonstel is ideaal vir 'n romantiese wegbreek, as basis vir rotsklimmers, voëlkykers, blommeliefhebbers en diegene wat die area wil verken. Gaste kan ook hul eie visvanggeriewe bring om in die dam vis te vang.
Die gastewoonstel is in die suidoostelike hoek van 'n opgeknapte sandsteenstal met rou klipmure, wit houtplafonne en lae ligte. Die woonstel het slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed en daar is 'n en suite-oopplanbadkamer met 'n stort en wasbak, asook 'n toegeboude toilet. Die kamer het 'n klein etenstafel, 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolf, ketel, broodrooster, 'n wasbakkie, eetgerei en breekware. Parkeerplek is beskikbaar langs die stal. Die stal, of Barn Apartment, het 'n venster wat suid front na die Cederberg Reservaat en 'n venster wat oos front en 'n uitsig oor die plaas bied.
Gaste het via die plaashuis toegang tot die swembad en die lapa wat 'n uitsig oor die plaasdam het. Die lapa en swembad is net 100 tree van die Barn Aparyment af. Dit het 'n ingeboude braaiplek en die lapa het 'n groter yskas-diepvrieskas, 'n kamp-gasstoof en die nodige eetgerei en breekware.
Cederberg Bunkhouse is 25 km van Clanwilliam op die R364 en word deur wyn- en olyfplase omring. Daar is ook 'n koffiewinkel net 10 km in die pad af.
Dit is uiters veilig aangesien daar kameras en sensor ligte op die perseel is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Sharon Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Erf 17 Pakhuys Plaas, Langs die R364, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
- Gaste dink Cederberg Bunkhouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 17 Pakhuys Plaas, Langs die R364, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang