Cheerio Trout Fishing & Holiday Resort
- Kapasiteit: 28 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R71, Cheerio Plaas, L4.1-pad, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
- Vanaf R630 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Cheerio Trout Fishing Holiday Resort bied selfsorgverblyf in Magoebaskloof. Gaste kan die rustigheid van die berge geniet in 'n privaat woning wat tussen pragtige bome, struike en blomme geleë is. Dit is die ideale oornagplek vir reisigers op pad na die Krugerwildtuin en ander privaat wildtuine.
Die chalets het slaapplek vir 2, 4 of 6 gaste. Al die nodige geriewe is beskikbaar en die chalets word daagliks skoongemaak.
Gaste het toegang tot 'n balkon met buitemeubels, braaigeriewe en veilige parkeerplek. Daar is 'n foreldam op die perseel en rivierhengel kan met die plaaslike hengelvereniging gereël word. Ander geriewe en doendinge sluit 'n swembad, bergfietsry, voetslaan in of om net onder 'n boom op 'n tuinbank te ontspan en die rustigheid van die berge te geniet.
Vir die avontuurlustiges is daar dagstaproetes en avontuuraktiwiteite soos ritsrit, kloofing, tubing, abseil en boomspring beskikbaar in die omgewing. Ander besienswaardighede, wat maklik bereikbaar is, is die Ebenezer-, Magoebaskloof-, Tzaneen- en Dap Naude-damme, die Debengeni-waterval en die Woodbush- en Agatha-reservate. Vir gholf-entoesiaste is die Tzaneen en Polokwane Buiteklubs binne 'n uur se ry.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Alf Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 119
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- R71, Cheerio Plaas, L4.1-pad, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
- Gaste dink Cheerio Trout Fishing & Holiday Resort het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Magoebaskloof Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 28 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R71, Cheerio Plaas, L4.1-pad, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang