City Bowl Boho
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boonste Buitekant-straat 170, Vredehoek, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
City Bowl Boho is 'n bekoorlike selfsorgdupleks in 'n veilige gebou in die hartjie van Vredehoek, Kaapstad. Dit is 'n wonderlike opsie vir gaste wat die pragtige Moederstad wil verken.
Dié dupleks bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer op die boonste verdieping met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, Nespresso-masjien, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien toegerus is. Die kombuis lei na 'n toonbank met stoeltjies. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie leefarea lei na 'n balkon met 'n tafel en stoele. Gaste het ook volle toegang tot die perseel se gemeenskaplike swembad.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Burger Geverifieer
Eiendomme 31
Resensies 114
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Boonste Buitekant-straat 170, Vredehoek, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Oranjezicht Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boonste Buitekant-straat 170, Vredehoek, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang