Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

College House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Collegeweg 9, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

College House is 'n moderne, ruim en pragtige selfsorghuis in die dorpie St. Francisbaai wat ideaal vir gesinne en vakansievermaak is. Die huis is naby winkels, restaurante, kroeë, 'n apteek, die Bay Gholfklub, 'n strand en kanale. Dit is 5 minute se ry vanaf die Links Gholfklub.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Hierdie kamer het skuifdeure wat na 'n stoep en swembad lei. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapel-bed. Gaste in hierdie twee kamers deel 'n badkamer wat 'n bad en 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak het.

Die kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n toonbank met stoele toegerus. Daar is 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die opwaskamer lei na 'n tuin, en het 'n deur wat na die motorhuis met 'n pooltafel en 'n veerpyltjiebord lei. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste. Die sitarea het 2 rusbanke en skuifdeure wat na 'n stoep lei. Die eetkamer lei na 'n binnebraaikamer met 'n L-vormige rusbank, 'n ingeboude braai, 'n kroeg en 'n TV met 'n sekere DStv-kanale. Hierdie kamer het ook skuifdeure wat na die stoep en swembaddek lei. WiFi is beskikbaar.

Buite is daar 'n etenstafel en stoele met sitplek vir 8 en 'n sambreel, 'n swembaddek met sonstoele en 'n tuin met 'n vuurput en sitplek. Honde word op versoek toegelaat.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout

Ligging

  • Collegeweg 9, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Collegeweg 9, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa68db44b943b2d8f72561596df70aec865a7f573aed925d82466747de2452d02f1167a8e29be5b2ffda769200f5fdbdfd90f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8) 9 College Road St Francis Bay 6312 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.164426669647 24.824197227995

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang