Comp Beach Road 55
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Compensation Beach-weg 55, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 615 per nag (plek vir 11)
Beskrywing
Comp Beach Road 55 is 'n pragtige vakansievilla wat met 'n asemrowende see-uitsig spog en in die hartjie van Ballito geleë is. Hierdie villa is die perfekte opsie vir 'n kuswegbreek en het 'n lieflike swembad vir die warm somerdae.
Dié dubbelverdiepingvilla bied slaapplek aan 11 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed, die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vyfde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Die gaste in hierdie kamers deel die ander 2 badkamers wat elk 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in die opwaskamer. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8. Dié eetarea lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Hierdie huis spog ook met 'n formele sitkamer en 'n tweede TV-area. Daar is geen WiFi nie.
Dié leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel, gemaklike sitplek en 'n houtskoolbraai. Hierdie stoep lei na 'n uitgestrekte tuin en 'n swembadarea, maar neem asb. kennis dat hierdie swembad nie 'n net het nie. Daar is 3 opsies beskikbaar vir veilige parkeerplek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Ballito
Accommodation ...
Eiendomme 100+
Resensies 146
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Compensation Beach-weg 55, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Comp Beach Road 55 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Compensation Beach-weg 55, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang