Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Dorpshuis

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Donkinstraat 44, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 020 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Dorpshuis bied gerieflike selfsorgverblyf in Graaff-Reinet wat bekend is vir sy ouwêreldse bekoorlikheid met 'n pragtige landskap en wonderlike argitektuur in die hartjie van die Karoo teen die voet van die Sneeuberge en Spandaukop.

Verblyf word aangebied in die Granaat-eenheid met slaapplek vir 3, of Num-Num met slaapplek vir 3. Elke eenheid het 'n oopplan-ontwerp en Granaat en Num-Num het elk 'n koninginggroote- bed en 'n enkelbed. Granaat se badkamer het 'n stort en Num-Num se badkamer het 'n bad en stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Elke eenheid het 'n leefarea wat beskik oor 'n eetarea en kombuisie. Elke kombuisie is met 'n induksiestoofplaat, yskassie, mikrogolf, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. WiFi, lugversorging en 'n TV met volledige DStv is ook beskikbaar in elke eenheid. Buite elke eenheid is daar 'n stoep met buitemeubels en braaigeriewe.

Veilige parkeerplek is agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar. Gaste het ook toegang tot 'n pragtige tuin waar gaste kan ontspan en boeklees. Die dorp word omring deur en vorm deel van die Kamdeboo Nasionale Park wat ook die asemrowende Vallei van Verlatenheid insluit.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 78 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Marinda L
5.0
Absolute puik, heerlik en veilig gebly. N absolute gem! Sal vir seker weer by julle kom bly en ook vir vriende en familie aanbeveel. Ek moes 2 x my da...
Sien meer
Nov 2024
Colin E
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker en rustig en als in die verblyf wat ons nodig gehad het! Baie lekker ervaring al was dit net 'n kort oorslaap. Geen probleme ervaar nie en net ...
Sien meer
Nov 2024
Paul P
Saam met lewensmaat
5.0
'n Rustige omgewing en het 'n heerlike nagrus gehad. Ideaal vir oorslaap. Baie lekker, dankie.
Okt 2024
Arieka B
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n rustige wegbreek in die pragtige dorpie. Baie lekker gebly. Plekkie was baie netjies en mooi skoon.
Sep 2024
Helouise V
Saam met lewensmaat
5.0
Karoo mooi omgewing. Ja, heerlike Karoo ervaring!
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Carina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 78

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Donkinstraat 44, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Die Dorpshuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 020
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 020
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Donkinstraat 44, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa0dc0f3ca5bb09b508568cd84c167f3a455572fcae4254c5d65027039d4de6a87378f0dd5794763808835b58d0b24f9e0970?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 020 per nag, vir 2 mense 78 5 1 5 44 Donkin Street Graaff Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.255880653003 24.528713573016

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang