Die Stalhuisie
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Peachgrove-weg, Herbertsdale, 6505, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 650R2 385 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Die Stalhuisie is op ’n plaas naby Herbertsdale en bied gehalteverblyf aan ’n klein gesin of paartjie wat op soek is na ’n plaaswegbreek. Dit is naby verskeie aktiwiteite en besienswaardighede in die area.
Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers en bied verblyf aan tot 4 gaste. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die ander slaapkamer het ‘n dubbelbed. Die badkamer het ’n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met ’n stoof, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gerieflike sitplekke.
Daar is lieflike braaigeriewe.
Die plaas het sonkrag en rugsteunbatterye wat beurtkrag verlig.
Aktiwiteite in die area sluit bergfietsry, wildkyk en wynproe in.
Daar is veilige parkeerplek op die perseel.
Mosselbaai is ongeveer 40 km vanaf die plaas en bied verskeie aktiwiteite, winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Andrea Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 19
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Peachgrove-weg, Herbertsdale, 6505, Wes-Kaap
- Gaste dink Die Stalhuisie het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Herbertsdale Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Peachgrove-weg, Herbertsdale, 6505, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang