Duiker Lodge, Ditholo Wildlife Estate
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kromdraai-weg 564-KQ, Klippoortjie-plaas, Kromdraai, 0850, Limpopo
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
Duiker Lodge is op die Ditholo Wildlife Estate geleë. Dié landgoed van 100 ha is 'n ongerepte, inheemse Afrika-woud wat op 'n volhoubare wyse 'n tuiste vir 'n verskeidenheid fauna en flora bied. Die landgoed is in die hartjie van Limpopo teen die pragtige uitspansel van die Waterberge geleë.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens op die solder en die derde slaapkamer is 'n solderkamer met 3 enkelbeddens. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak en dit lei via skuifdeure na 'n houtdek. Daar is ook 'n aparte badkamer met 'n toilet, stort-oor-bad en 'n wasbak.
Die huis beskik oor 'n oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuis. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, elektriese oond en 'n gasstoof toegerus. Die sitarea het 'n L-vormige rusbank en die eetarea het 'n ingeboude braai en 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Die leefarea lei na 'n houtdek met 'n swembad en 'n boma.
Die reservaat bied verskeie stap-, fiets- en wildkykroetes en daar is 'n restaurant, kroeg en 'n spa op die perseel. Die Ditholo Wildlife Estate is die perfekte boswegbreek net 230 km vanaf Johannesburg.
Die omliggende gebied is vol wildplase, jagplase en gholfbane. Dit is 30 minute se ry vanaf die Zebula Gholfbaan, Elements Gholfbaan en die Euphoria Gholfbaan. Vir die jongspan is daar die Aventura Waterpark in Bela-Bela, asook Walking with Elephants in Zebula of die kans om leeus te voer in die Mabalingwe Natuurrreservaat.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Ulene Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 80
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Kromdraai-weg 564-KQ, Klippoortjie-plaas, Kromdraai, 0850, Limpopo
- Gaste dink Duiker Lodge, Ditholo Wildlife Estate het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 9 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kromdraai-weg 564-KQ, Klippoortjie-plaas, Kromdraai, 0850, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang