Ebony House - Mjejane Game Reserve
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mjejane Bush Camp-weg 93, Mjejane Wildreservaat, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Vanaf R5 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Ebony House is 'n elegante selfsorg-lodge met slaapplek vir 8 in die Mjejane Big 5 Game Reserve. Die wildreservaat op die oewer van die Krokodilrivier aan die suidelike punt van die Krugerwildtuin bied die ideale safari-wegbreek aan familie en vriende.
Die smaakvol gemeubileerde lodge beskik oor 4 slaapkamers met lugversorging en 3 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die vierde slaapkamer. Die badkamers het óf 'n bad en 'n stort óf slegs 'n stort.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.
Ander geriewe sluit 'n TV, Netflix, DStv, WiFi, 'n binnenshuise eetarea, 'n kaggel, 'n onderdakstoep, 'n plonspoel, 'n dek en ingeboude braaigeriewe in.
Die wildreservaat van ongeveer 4000 hektaar langs die Krokodilrivier bied 'n groot netwerk van privaat wildrypaaie. Vir gaste wat verkies om self te ry, is Malelane- en Krokodilbrughekke na die Krugerwildtuin slegs 30 km vanaf die lodge geleë. Daar is 'n winkeltjie waar vuurmaakhout, ys, verversings, versnaperings, bier en wyn te koop is. Let asb. dat wildritte vooraf gereël moet word en onderhewig aan beskikbaarheid is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Jared Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Mjejane Bush Camp-weg 93, Mjejane Wildreservaat, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Gaste dink Ebony House - Mjejane Game Reserve het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Mjejane Game Reserve Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mjejane Bush Camp-weg 93, Mjejane Wildreservaat, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang