Elements Private Golf Reserve 109
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die D180, Elements Privaat Gholfreservaat 109, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R6 850 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Elements Private Golf Reserve 109 is 'n eksklusiewe selfsorghuis vir 10 tot 12 gaste in die lieflike Elements Private Gholfresservaat sowat 20 km vanaf Bela-Bela. Die gholfbaan is 10de op die ranglys in Suid-Afrika en die beste in Limpopo.
Dié ruim en luukse huis is 'n ideale wegbreek in die bos naby die vyfde putjie op die gholfbaan en beskik oor 6 slaapkamers (5 privaat) en 5 badkamers met baddens en storte. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n dakwaaier, koninggrootte-bed, TV, ’n en suite-badkamer met 'n bad, aparte toilet en buitestort in 'n privaat tuin. Die kamer het ook 'n privaat stoep waar gaste soggens koffie kan geniet en die voëllewe besigtig. Die hoofslaapkamer maak voorsiening vir gesinne met jong kinders. 'n Addisionele kamer met 2 enkelbeddens is aangrensend. Daar is ook 'n addisionele slaapbank in die hoofslaapkamer.
Drie van die kamers het elk 'n koninggrootte-bed met 'n en suite-badkamer en buitestorte. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed het ook 'n afsonderlike aangrensende badkamer. 'n Vyfde slaapkamer met 'n dubbelbed het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie kamer is buite die hoofhuis geleë en het 'n privaat ingang en buitestort onder die boom. Elke kamer het 'n plafonwaaier en 'n lessenaar.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof, dubbel-oond, mikrogolf, yskas, tee-en koffiemaakgeriewe en 'n groot, soliede hout etenstafel. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër beskikbaar. Die sitarea het 'n pooltafel, 'n slim-TV met WiFi en Netflix asook 'n DVD-speler en 2 groot lugversorgingseenhede. Gasbraaigeriewe is binne beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n ruim dek met 'n ingeboude verhitte swembad en groot etenstafel. Die groot boma is ideaal vir 'n groot Bosveldvuur en lekker kuier. Daar is 'n pizza-oond en gaste kan in die swembad wat 'n uitsig oor die private watergat het, afkoel. Gaste moet asb. hul eie vuurmaakhout en swem handdoeke saambring, maar kan teen 'n addisionele fooi hout vooraf bestel. Klein troeteldiere word slegs toegelaat met vooraf reeling met die instansie. Skoonmaakdiens kan gereël word teen 'n daaglikse fooi.
'n Sonkragsisteem verseker 'n kommervrye verblyf gedurende kragonderbrekings.
Die wild beweeg vrylik rond op die landgoed en daar is verskeie doendinge soos tennis, gholfspeel, bergfietsry, voëlkyk en wildkyk. Die klubhuis het 'n kroeg en 'n restaurant waar daar ook funksies en spyseniering vir spesiale geleenthede beskikbaar is.
Wildritte by Mabalingwe kan ook gereël word, asook spa-dienste en die dienste van 'n privaat sjef by die huis. Die restaurant/klubhuis verskaf maaltye binne kantoorure.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Elanie Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 38
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Langs die D180, Elements Privaat Gholfreservaat 109, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Elements Private Golf Reserve 109 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die D180, Elements Privaat Gholfreservaat 109, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang